Pas­teis de na­ta, stap vir stap

Dié Por­tu­ge­se melk­tert­jies is nie net fraai nie, hul­le ver­lei jou ook met die heer­lik­ste ka­neel-en-suur­le­moen­geur.

Tuis - - CONTENTS - Deur Jo­hané Neil­son Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

1 Roer die sui­ker, wa­ter en suur­le­moen­skil vir die stroop saam oor ma­ti­ge hit­te tot­dat die sui­ker op­ge­los is. Bring tot kook­punt en kook vin­nig vir 5 mi­nu­te. Ver­wy­der van die hit­te.

2 Ter­wyl die stroop kook, klits 125 ml van die melk by die meel tot glad. Ver­hit die res van die melk saam met die va­niel­je­peul tot kook­punt. Klits dan die warm melk ge­lei­de­lik by die meel­meng­sel tot glad. Skep te­rug in die ka­strol.

3 Voeg nou die sui­ker­stroop in ’n dun straal­tjie by die melk­meng­sel ter­wyl jy klits tot glad. Klits die room en ei­er­ge­le by tot glad. Hou aan met klits oor ma­ti­ge hit­te tot ef­fens ver­dik. Laat af­koel vir 10 mi­nu­te.

4 Meng die meel, ver­sier­sui­ker en ka­neel om die dop­pies mee te geur en strooi ’n la­gie daar­van oor jou werk­op­per­vlak. Rol nou die deeg ver­sig­tig daar­op uit in ’n groot reg­hoek van 45 x 30 cm. Strooi ook van die spe­se­ry­meng­sel oor die deeg en rol dit dan weer in die leng­te op in ’n lang wors.

5 Sny die deeg­rol in 12 ge­ly­ke de­le en maak elk­een staan dat die spe­se­rys­pi­raal na bo wys. Rol el­ke spi­raal plat in ’n sir­kel net gro­ter as die hol­tes van ’n muf­fin­pan. Spuit die hol­tes met kleef­we­ren­de kos­sproei en voer el­ke hol­te met ’n deeg­wiel uit.

6 Voor­ver­hit die oond. Vis die va­niel­je­peul en suur­le­moen­reep uit die ka­strol en ver­deel die vla tus­sen die 12 tert­dop­pies. Bak vir 15–20 mi­nu­te of tot mooi bruin en uit­ge­rys. Let wel Oon­de ver­skil, en by so ’n hoë oond­tem­pe­ra­tuur moet jy die tert­jies maar dop­hou. Dis be­lang­rik dat die deeg deur­bak en die vla mooi bruin word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.