Dié maand in jou tuin

Tuis - - CONTENTS -

1 Plaas­li­ke geur

Hoe­kom nie dié maand ’n tuin in eg Suid-A­fri­kaan­se styl aan­plant ter ere van In­ter­na­si­o­na­le Nel­son Man­de­la-dag op 18 Ju­lie nie? Bring hul­de aan Ma­di­ba en sy lief­de vir plaas­li­ke plan­te deur ’n gras­land­tuin op ’n son­ni­ge plek aan te lê en te vul met plan­te ge­skik vir plaas­li­ke toe­stan­de.

Vir so ’n tuin is gras­se soos Era­gros­tis

ra­ce­mo­sa, Me­li­nis ner­vig­lu­mis en A­ris­ti­da jun­ci­for­mis on­ont­beer­lik, want dit steun an­der plan­te en bind die grond. Gras­se bied ook ’n ha­bi­tat vir in­sek­te en be­skut­ting vir klein dier­tjies, en ver­skaf saad en nes­bou­ma­te­ri­aal vir vo­ëls.

Voeg aal­wy­ne – een van Ma­di­ba se guns­te­lin­ge – by vir hul tref­fen­de ar­gi­tek­to­nie­se vorm en blom­me wat bye, skoen­lap­pers en nek­tar­vre­ten­de vo­ëls lok. Dit werk die bes­te tus­sen groot, ver­weer­de rot­se en teen son­ni­ge skuins­tes.

S­kuins wal­le is i­de­aal vir veld­blom­me wat nie ryk grond no­dig het nie. Dis nie ’n tuin vir spog­ge­ri­ge mo­der­ne kul­ti­vars nie, eer­der vir spe­sies van die Bar­ber­ton­se ma­de­lie­fie, A­ris­tea, Die­ra­ma, Di­mor­phot­he­ca, Ga­za­nia en Se­ne­cio wat dik­wels vrien­de­li­ker teen­oor in­sek­te en be­stui­wers is. Sluit bol­le van C­ri­num, Gal­to­nia, Eu­co­mis, K­nip­ho­fia, Watso­nia en Hypox­is in vir sei­soe­na­le prag.

2 Vi­ve la Fran­ce!

Op 14 Ju­lie vier fran­ko­fie­le Bastille-dag. As jy ook ’n aan­han­ger is van al­les wat Frans is, hoe­kom nie jou eie Frans lan­de­li­ke tuin be­plan nie? Die ont­werp is een­vou­dig en dit word uit­ge­lê in die reg­uit ly­ne van ’n for­me­le tuin met sy net­werk paad­jies (sien die le­ser­tuin op blad­sy 94).

Mo­net se be­ken­de tuin by Gi­ver­ny is ’n per­fek­te voor­beeld; die uit­sig van­af die pienk huis met die groen hort­jies is een van ’n oor­vloed blom­me wat in­me­kaar­smelt en in paad­jies oor­spoel – ’n skil­de­ry van blom­me ge­verf in prag­ti­ge kleur­spat­sels.

’n Lan­de­li­ke tuin is net die plek vir boë met rank­ro­se, Wis­te­ria en C­le­ma­tis, en kap­per­tjies wat oor paad­jies tui­mel; ook rand­ak­kers waar sam­breel­vor­mi­ge ra­me tros­se hoog­stam­ro­se bo pla­te i­ris­se en pa­pa­wers on­der­steun en son­ne­blom­me, Ver­bas­cum en lang rit­se vin­ger­hoed­jies en Del­phi­ni­ums hoog­te ver­leen.

Dis ’n tuin waar kleur in oor­vloed ge­bruik word met a­ga­pan­te, Di­ant­hus en ma­de­lie­fies, geur­ry­ke la­ven­tel en le­lies vir die ge­not van bye en skoen­lap­pers.

3 ’n Pa­ry­se bin­ne­hof

’n Bin­ne­hof, dik­wels ver­steek ag­ter ’n muur, gee aan die huis­men­se ek­stra leef­ruim­te vir bui­te­lug-e­tes, om die warm win­ter­son op te vang en ster­ver­lig­te aan­de te ge­niet.

Maak se­ker daar is drei­ne­ring in die vorm van deur­laat­ba­re pla­vei­sel of gruis. Oor­weeg stoep­sam­bre­le of ’n lat­te­dak toe­ge­rank met ’n roos of blou­re­ën vir oor­hoof­se ska­du, of per­ma­nen­te son­skerms wat ook be­skut­ting bied teen sleg­te weer. Dink aan die be­ko­ring van pienk­ge­streep­te son­skerms en sit­plek met kus­sings oor­ge­trek in die­self­de stok­kie­lek­ker-lap.

Verf deu­re, hort­jies en lat­werk teen die muur ’n sub­tie­le groen of son­ne­blom­geel, met by­pas­sen­de kus­sings vir giet­ys­ter­stoe­le en ta­fels of op­vou­ba­re ka­fee­styl-meu­bels. Blou en wit, vloot­blou en rooi, tur­koois en waat­le­moen­pienk of sa­lie­groen werk goed.

Rond die ruim­te af met la­ven­tel, roos­ma­ryn en blom­me in pot­te. Oor­weeg vin­ta­ge­muur­bla­kers, ’n ou­tyd­se fiets teen die muur met blom­me in die mand­jie – en ’n spys­kaart op ’n swart­bord net vir die pret. Deur Kay Mont­go­me­ry

’n Boog waar­oor ’n Gra­ham T­ho­mas’-roos rank, met ’n ‘Cré­puscu­le’-roos regs voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.