ons le­sers sê

Skryf aan ons by Tuis/Ons le­sers sê, Pos­bus 1802, Kaap­stad 8000 of stuur e-pos na re­dak­[email protected] Ge­sels saam by tuis.co.za of fa­ce­book.com/tuis­tyd­skrif, of volg ons op In­sta­gram by @TuisHo­meMag.

Tuis - - CONTENTS -

WENBRIEF Na­ge­reg in die bed

An­ne­ma­rie Mey­er van Ge­or­ge skryf Op­gaar is nie een van my swak­he­de nie, maar een ding wat ek nie kan weg­maak nie, is my ver­sa­me­ling van ses jaar se Tui­se. Ná ’n sleg­te on­ge­luk is ek bed­ge­bon­de en moet ek my­self be­sig hou om nie in de­pres­sie te ver­val nie. Die ge­dag­te kom by my op om my tyd­skrif­te in maan­de te groe­peer, en wat ’n be­le­we­nis om die Mei-sta­pel­tjie uit te haal! Dit voel soos ses splin­ter­nu­we boe­ke waar­in ek al­les oor Mei se tuin­maak, de­kor en herfs­kos­se kan lees. So­dra my man die jong­ste uit­ga­we van die win­kel af bring, gaan ek my eers in my ses ou (“nu­we”) Tui­se ver­lus­tig en 2019 s’n vir na­ge­reg hou!

My wê­reld!

Il­ze Ven­ter van P­re­to­ria skryf Se­dert ek die A­fri­ka-ont­werp op blad­sy 29 van Tuis Op­knap 2018 ge­sien het, het ek my man, Henk, ge­smeek – la­ter ge-nag ! – om iets soort­ge­lyks te bou. Toe sy ver­sko­nings (“Waar moet ek so ’n groot skets kry om van te werk” en “Net nog be­sig met iets an­ders”) op­raak, het hy A­fri­ka se bui­te­ly­ne van Google af­ge­laai, ver­groot en toe met klein stuk­kies ys­ter aan­me­kaar­ge­sweis. Sie­daar!

Uit die blou­te

Ja­c­que­li­ne Ra­de­mey­er van A­ber­deen

skryf Na aan­lei­ding van Wi­cus se re­dak­teurs­brief in die Mei 2019-uit­ga­we van Tuis, waar­in hy noem dat don­ker weer “in” is, deel ek graag ’n paar fo­to’s van my seun (10) se ka­mer. Ek het so ’n jaar ge­le­de be­sluit die ver­trek kort woe­ma en het toe ’n diep­blou fo­kus­muur ge­verf, met ’n titsel geel hier en daar. ’n Ko­per­bed­jie (my­ne as kind) en de­nim­kus­sings (van my ou Le­vi’s), ’n plak­ker (aan­lyn ge­koop), fo­to’s op seil (my seun as ba­ba), ’n paar bok­ho­rings, Typo-ko­pies en her­win­de ver­sie­rings teen die mu­re la­ter is dit nou ’n toon­beeld van die ge­not en in­spi­ra­sie wat ek en my man uit jul tyd­skrif put.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.