#1 Met gips

Tuis - - DOEN DIT SELF -

Wat jy no­dig het INKOPIELYS

• bal­lon • gips • 6 rol­le ver­band • wa­ter • lig-pas­stuk

GEREEDSKAP

• ’n em­mer om in te meng • ’n bak­kie om die bal­lon in te hou • skêr • boor met 8 mm-boor­punt PROJEKGIDS Har­de werk 1/10 Vaar­dig­heids­vlak 1/10 Tyd no­dig 2 uur, droog­tyd uit­ge­sluit Doen dit self vir R257: Ses rol­le ge­wo­ne ver­band R9,50 elk, gips R47, pak bal­lon­ne R24, lig-pas­stuk R129 Só maak jy ...

1 Blaas jou bal­lon op; hoe gro­ter jou bal­lon, hoe gro­ter die hang­lamp. Sit dit reg­op in die bak­kie.

2 Meng die gips­poei­er met ’n bie­tjie wa­ter (die meng­sel moet so dik soos pan­ne­koek­be­slag wees). Doop die ver­ban­de in die gips en draai dit om die bal­lon; be­dek so­veel moont­lik van die op­per­vlak. Jy moet o­ral­oor min­stens ’n dub­bel­laag ver­band hê, en ont­hou om ’n o­pe­ning (om­trent so groot soos ’n pie­ring) aan die on­der­kant te los.

3 K­nip e­ni­ge oor­tol­li­ge ver­band aan die on­der­kant net­jies af.

4 As jy te­vre­de is met hoe jou ver­band lyk, laat die gips ’n bie­tjie ver­hard (laat dit in die bak­kie staan). Kyk vir on­e­we­re­di­ge kol­le en smeer die gips met jou hand tot dit o­ral ewe dik is, maar moe­nie die teks­tuur van die ver­band heel­te­mal ver­bloem nie. Laat dit 72 uur staan om droog te raak.

5 Bars die bal­lon en haal dit uit die har­de dop. Maak die o­pe­ning ef­fens gro­ter.

6 Boor ’n gat aan jou gips­dop se bo­punt. (Om­dat dit ’n or­ga­nie­se fat­soen is, maak dit nie saak as jou gat nie pre­sies oor­kant die on­der­ste o­pe­ning is nie; skat som­mer net min of meer waar die bo­punt is.)

7 Ryg die e­lek­trie­se koord deur die gat en hang jou lamp op.

Wenk Vra liefs ’n ge­kwa­li­fi­seer­de e­lek­tri­si­ën om jou lamp te ver­bind. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.