Goed­heid uit jou eie grond uit

Tuis - - RAAD -

Wil jy graag self aar­tap­pels of as­per­sies k­week? Kyk in Ju­nie en Ju­lie by jou plaas­li­ke kwe­ke­ry uit vir Ha­de­co se as­per­sie­kro­ne en ge­ser­ti­fi­seer­de aar­tap­pel­moe­re.

In die ver­le­de was dit moei­lik om ge­ser­ti­fi­seer­de aar­tap­pel­moe­re in die han­de te kry, maar nou sal daar 2 kg-sak­ke Ha­de­co-moe­re by se­ke­re tuin­sen­trums be­skik­baar wees. Jy sal ’n keu­se hê tus­sen vier kul­ti­vars: ‘Her­tha’ en ‘Fi­an­na’ is i­de­aal vir sky­fies, ter­wyl ‘Bp1’ en ‘M­nan­di’ per­fek is vir kook of bak. Vir tui­niers met min plek is daar ook spe­si­a­le pot­te om aar­tap­pels in te k­week.

E­nig­een wat al ooit as­per­sies van saad pro­beer k­week het, sal jou kan sê dit neem min­stens drie jaar voor jy kan be­gin oes. As jy Ha­de­co se kro­ne in Ju­lie plant, oes jy jou eer­ste as­per­sies in die len­te. Plant die kro­ne 20–40 cm uit me­kaar en ’n paar sen­ti­me­ter diep in grond wat goed met kom­pos ver­ryk is.

KONTAK ha­de­co.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.