Beet­sop met knof­fel

’n Weel­de­ri­ge sop is mos e­ni­ge ver­koue se mo­ses!

Tuis - - KOS -

Ge­noeg vir 6 • Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 35 mi­nu­te

• 30ml o­lyf­o­lie • 1 groot vin­kel­bol, ge­kap (be­hou e­ni­ge blaar­tjies aan die stin­gel vir gar­ne­ring) • 1 groot wor­tel, ge­skil en ge­kap • 3 knof­fel­hui­sies, ge­kap • 1cm gem­mer, ge­skil en ge­ras­per • 1kg beet, ge­skil en in blok­kies ge­sny • 1 groot aartappel, in blok­kies ge­sny • 1,25 li­ter af­trek­sel GAR­NE­RING • 250ml suur­room • 2ml ge­ras­per­de vars bor­rie­wor­tel • 30ml ge­ras­per­de pe­per­wor­tel (“horse­ra­dish”) • suur­le­moen­skil na smaak • dun aar­tap­pel­tjip­pies (op­si­o­neel)

1 Ver­hit die o­lyf­o­lie en braai die vin­kel en wor­tel tot die groen­te glan­send is en be­gin kleur kry. Roer die knof­fel en gem­mer by en braai vir nog ’n mi­nuut. Voeg die beet, aartappel en af­trek­sel by en laat prut rus­tig vir so­wat 30 mi­nu­te of tot die beet en aartappel sag is. Maak die sop fyn met ’n staaf­men­ger – dit moet re­de­lik dik, maar flu­weel­glad wees.

2 Meng die suur­room, bor­rie- en pe­per­wor­tel. Geur met sout en pe­per na smaak en ver­dun met ’n bie­tjie melk, of ver­warm – die room moet lo­pe­rig wees. Skep ’n le­pel­tjie room op el­ke bak­kie sop en gar­neer met die vin­kel­blaar­tjies en ’n ho­pie aar­tap­pel­tjip­pies vir knars. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.