Dié muur van vet­plan­te is ’n fees van kleu­re, vorms en teks­tu­re

Met kleu­re, vorms en teks­tu­re wat me­kaar kom­ple­men­teer, is Man­dy Crooks se vet­plant­tuin ’n fees vir die oog.

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rié Ester­huy­se • Fo­to’s Sal­ly C­han­ce

104

Jy maak soos Man­dy Crooks 18 maan­de ge­le­de ge­doen het: Haal uit wat jou pla en be­plant die wal met iets waar­van jy hou – in haar ge­val ’n see van vet­plan­te!

“Die wal loop al langs die huis af en kan uit die kom­buis en slaap­ka­mers ge­sien word,” ver­tel Man­dy. “Nou­dat dit met vet­plan­te be­plant is, vorm die ter­ras­se ’n 6 m hoë le­wen­de muur. Dit is won­der­lik mooi om na te kyk.”

Vir Man­dy was daar prak­tie­se so­wel as vi­su­e­le re­des hoe­kom sy op vet­plan­te be­sluit het. “Hul­le verg min on­der­houd en het nie baie fie­mies nie. Hul­le is boon­op ge­hard en kan net so ge­los word om op hul eie aan te gaan. En hul­le ver­toon prag­tig!” sê sy.

“Dié plan­te is ook heel­jaar mooi, nie net wan­neer hul­le blom nie. Die bla­re se vorms en teks­tu­re s­kep kon­tras en ek is gek daar­oor dat som­mi­ge se blaar­kleu­re met die ver­loop van die seisoene ver­an­der.

“Hoe­wel ons kli­maat nie i­de­aal is vir vet­plan­te nie, flo­reer dit. Ons kry heel­wat meer re­ën as wat die plan­te no­dig het en soms ook ha­el in die win­ter. Maar so­lank die drei­ne­ring goed is, is die vet­plan­te ge­luk­kig. En die koue tem­pe­ra­tu­re van ons win­ters bring die bla­re se kleu­re op hul mooi­ste uit.”

Ter­ras­se

Man­dy se man, Nick, en Wan­da Zu­ma, haar reg­ter­hand, het ge­help met die maak van die tuin. Hul­le het die ter­ras­se ge­skep met hout­pa­le en dit daar­na ge­vul met ’n spe­si­a­le grond­meng­sel van ’n derde kom­pos, ’n derde Um­ge­ni-sand en ’n derde bo­grond.

Man­dy het die uit­leg en die be­plan­ting ge­doen. Sy het be­gin deur aal­wy­ne en A­ga­ves as fo­kus­plan­te uit te pak, en ter­wyl dit nog in sak­ke was, rond te skuif tot­dat sy te­vre­de was. Daar­na het sy die an­der vet­plan­te tus­sen­in ge­plaas so­dat die kleu­re me­kaar kan kom­ple­men­teer.

Sy het ook die vorms van die plan­te in ge­dag­te ge­hou. Om ver­ti­ka­le ly­ne aan die bed­ding te gee het sy hoog­groei­en­des ge­bruik ter­wyl an­der, met groot, op­sig­te­li­ke vorms en ge­krul­de ran­de, in­te­res­sant­heid ver­leen. Dié wat soos grond­be­dek­kers groei, is só ge­plant dat dit oor en teen die hout­ran­de af­tui­mel.

Man­dy het feit­lik al die vet­plan­te wat sy hier ge­bruik het, reeds ge­had. “Ek het oor die ja­re so­veel ge­kweek en ver­sa­mel dat ek die he­le wal kon vol plant. Waar ek ook al in­te­res­san­te of on­ge­wo­ne vet­plan­te sien, vra ek steg­gies of koop een. Baie kom van S­ha­ron en Ne­vil­le T­ric­kett se plaas Saint Ver­de in die K­waZu­lu-Na­tal­se Mid­del­land. On­langs het ek ook die O­be­sa-kwe­ke­ry in Graaff-Rei­net met sy won­der­li­ke ver­skei­den­heid vet­plan­te be­soek. En die A­ga­ves wat ek nie in KZN kon op­spoor nie, is van die Oos-Kaap af aan­ge­ry. >>

Eers het ek vet­plan­te in pot­te op die voor­ste ve­ran­da ge­had. Dié het vin­nig ver­meer­der en voor ek my oë kon uit­vee, was die ta­fels so vol plan­te dat daar nie plek was om ’n kop­pie neer te sit nie! – Man­dy

Woud en kos­tuin

Be­hal­we op die wal het Man­dy vet­plan­te in pot­te o­ral rond­om die huis, in haar kweek­huis en in die voor­tuin waar sy dit meng met an­der plan­te soos kan­nas, a­ga­pan­te en dah­li­as.

Hul 20 ha-tuin sluit ook ’n groen­te­tuin, vrug­te­boor­de en ’n in­heem­se woud in. Voor haar voor­tuin is ’n gras­veld met ’n ge­sny­de paad­jie wat na die huis lei. In dié deel laat sy die na­tuur sy gang gaan en word sy be­loon met prag­ti­ge blom­me wat op ver­skil­len­de tye van die jaar daar op­kom en blom.

Man­dy se tuin gee haar baie ple­sier. “Ek is gek daar­oor om deur my tuin om­ring te wees, daar­na te kyk en my daar­in in te leef. En ek werk graag in die tuin; dit is baie te­ra­peu­ties en vol be­lo­ning. Wan­da help my met die swaar­der werk, maar die res doen ek feit­lik al­les self. Ek ge­niet die geu­re van die tuin, om ‘vuil’ te raak en aan die ein­de van die dag moeg te wees,” ge­sels sy.

WIE WOON HIER? Man­dy en Nick Crooks WAAR Dargle, K­waZu­lu-Na­tal GROOTTE VAN VETPLANTMU­UR 35 m lank, 8 m breed en 6 m hoog

Ae­o­ni­um ar­bo­reum var. a­tro­pur­pu­re­um

A­ga­ve vic­to­ri­ae-re­gi­nae

“Nick het die kweek­huis ge­bou,” ver­tel Man­dy. “Hy is ’n ar­gi­tek-ont­wer­per en het ’n baie goeie oog vir pro­por­sie en styl. Hier het ek ’n groot deel van my plant­ver­sa­me­ling – van k­lei­ner plan­te wat ek­stra be­sker­ming en ver­sor­ging no­dig het, tot an­der wat nie so goed vaar in die tuin nie. Ek ver­meer­der ook my plan­te hier en k­week nu­we vet­plan­te van steg­gies en ba­ba­plant­jies.”

Die rooi loof van Ka­lan­choe sex­an­gu­la­ris staan prag­tig uit teen die Ka­lan­choe lae­ti­vi­rens.

E­che­v­e­ria

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.