Ougoed of hou­goed?

’n Al­le­daag­se to­neel

Tuis - - CONTENTS -

Lu­ka du P­les­sis van De­spa­tch skryf Vol­gens my ou­ers is dié skil­de­ry ’n oor­spronk­li­ke werk deur A.L. Gra­ce. Dit is 500 x 360mm groot (son­der die raam), maar ver­der het ek geen in­lig­ting daar­oor nie. Het dit e­ni­ge waar­de?

Kay­leen W­rig­ley van Wal­ker S­cott Art Ad­vis­o­ry ant­woord Alf­red Lyn­don Gra­ce was ’n B­rit­se kuns­te­naar van die Vic­to­ri­aan­se S­kool, be­kend vir sy gen­re-skil­de­rye wat dik­wels krie­ket­wed­stry­de, hen­gel­to­ne­le, mi­li­tê­re on­der­wer­pe en soms die­re en blom­me uit­beeld.

Dank­sy die breë te­ma­tie­se aard van Gra­ce se skil­de­rye het dit u­ni­ver­se­le aan­trek­kings­krag ge­had. As ge­volg van die hoë vraag na sy werk het Gra­ce dit as gra­ve­rings be­gin re­pro­du­seer, wat dit meer be­kos­tig­baar en toe­gank­lik vir ’n gro­ter ge­hoor ge­maak het. Dié spe­si­fie­ke werk is ti­pies van Gra­ce se ui­ters on­op­ge­smuk­te styl. Dis ’n gen­re­to­neel van drie mans om ’n ta­fel wat pyp rook en sjer­rie ge­niet met ’n knet­te­ren­de vuur in die ag­ter­grond. Hy span ’n in­te­res­san­te teg­niek in dié werk in, waar hy die ka­rak­ters se kle­re in hel­der­der ska­ke­rings as die res van die to­neel verf, wat dit laat uit­staan teen die res van die skil­de­ry.

Weens die aard van die fo­to wat voor­sien is, is dit moei­lik om te be­paal of dit in­der­daad ’n oor­spronk­li­ke o­lie­verf­skil­de­ry deur Gra­ce is, of ’n re­pro­duk­sie. Oor­spronk­li­ke wer­ke van dié grootte en ka­li­ber haal ge­woon­lik nie hoë pry­se op plaas­li­ke vei­lings nie, aan­ge­sien die aan­vraag na die kuns­te­naar hier nie so groot soos in B­rit­tan­je is nie. OUDERDOM laat 19de tot vroeë 20ste eeu WAAR­DE R10 000–R15 000 op ’n vei­ling KONTAK wal­kerscott.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.