Op­knap T­rek weg of maak reg?

’n Ge­sel­li­ge oop­plan­ruim­te en meer na­tuur­li­ke lig was die mo­ti­ve­ring ag­ter dié kom­buis se op­knap.

Tuis - - CONTENTS - Deur Be­a­tri­ce Moo­re-N­öthna­gel Fo­to’s: Fran­cois O­ber­hol­ster S­ti­le­ring: Ma­ri­an van Wyk

An­ne­lie Car­stens se kom­buis­op­knap is in 2012 aan­ge­wys as een van die top­drie in ons Regruk met Flair-kom­pe­ti­sie, maar se­we jaar la­ter het dié ver­trek sy ouderdom be­gin wys.

Toe word haar huis on­langs ge­kies vir ons regruk­pro­gram 1, 2, 3 fix­it! (in sa­me­wer­king met BUCO, Tim­ber­ci­ty en VIA, ka­naal 147 op DStv), waar­ty­dens drie span­ne die he­le ei­en­dom van bin­ne en bui­te reg­ge­ruk het.

Die geel span, Ja­c­ques M­ül­ler en Jus­tin Duckitt, het op­drag ge­kry om die kom­buis oor te doen. En ons weet hoe ver­nuf­tig dié t­wee is – hul­le het im­mers Regruk met Flair in 2017 ge­wen met die op­knap van hul eie huis op Nieu-Bet­hes­da.

An­ne­lie se droom was nog al­tyd om die muur tus­sen die kom­buis en ruim sit­ka­mer uit te breek vir be­ter vloei. “Die kom­buis het soos ’n a­par­te, af­ge­son­der­de ver­trek ge­voel en ek wou bit­ter graag ’n oop­plan­ruim­te met ’n ge­sel­li­ge ei­land hê waar vrien­de en fa­mi­lie kan saam­kui­er ter­wyl ek kook,” sê sy. Ty­dens 1, 2, 3 fix­it! is die muur uit­ein­de­lik af­ge­breek en ’n staal­balk in­ge­sit om struk­tu­re­le on­der­steu­ning in sy plek te ver­skaf. Toe was dit tyd vir Ja­c­ques en Jus­tin om hul to­wer­staf­fie te swaai.

“Ons doel was om die ruim­te heel­te­mal oop te maak; nie net deur die muur tus­sen die kom­buis en sit­ka­mer uit te breek nie, maar ook deur on­no­di­ge kom­buis­kas­te uit te haal en die uit­leg aan te pas vir be­ter vloei,” ver­dui­de­lik hul­le. >>

KOM­BUIS

Die e­nor­me kas en muur links en ’n “ei­land” in die mid­del was on­ge­mak­lik en het die vloei in die kom­buis be­lem­mer. Ge­volg­lik is die muur en kas uit­ge­haal om die ruim­te heel­te­mal oop te maak. Vir ’n naat­lo­se voor­koms en om meer na­tuur­li­ke lig by die ruim­te in te bring is van die kas­te uit­ge­haal en rond­ge­skuif, soos die stoof­kas langs die ag­ter­deur wat son­lig ge­keer het. Die nu­we uit­leg bied nou ook die per­fek­te werk­drie­hoek tus­sen die stoof, ys­kas en spoel­was­bak.

WIE WOON HIER? An­ne­lie Car­stens WAAR Dur­ban­vil­le GROOTTE 50 m² Hout, verf, was­bak­ke, kra­ne en toe­be­ho­re van Tim­ber­ci­ty en BUCO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.