Hal­lo

In ’n her­berg in G­rie­ke­land is ons on­langs die e­nig­ste gas­te saam met ’n vro­li­ke groep jeug­di­ges uit Duits­land.

Tuis - - CONTENTS -

Yor­gos, die ei­e­naar, het voor­af ge­waar­sku: “T­he­re will be noi­se. May­be I find you dif­fe­rent pla­ce.” Maar ek ken die her­berg met sy uit­sig oor die E­ge­ïe­se see en die kerk­klok van die G­rieks-Or­to­dok­se kerk links voor wat drie keer wee­ïg lui as ie­mand in die dor­pie die le­we groet.

“We don’t mind noi­se,” sê ek vir Yor­gos, en ons be­ves­tig die be­spre­king.

Die her­berg het ’n ge­meen­skap­li­ke kom­buis en sog­gens is dié by­me­kaar­kom­plek ’n ge­roe­se­moes van stem­me en ge­lag. En le­pels wat teen kop­pies en bak­kies se ran­de klin­gel.

Ek praat se­ker drie woor­de Duits, maar die klomp jong­men­se, al­mal uit Bei­e­re, wil ge­sels. Ons word ge-“high fi­ve” as ons daar in­stap, en uit­ge­vra oor die prut­sel G­riek­se kof­fie op die stoof, en waar ons van­daan kom, en het ons lek­ker ge­slaap? En wat doen ons van­dag? Een van die on­der­wy­sers pro­beer tus­sen­deur ver­taal, maar hy kan nie naas­ten­by by­hou nie; ek sê net “ja­wohl” en glim­lag.

Teen die tyd dat die groep op hul dag­uit­stap­pie ver­trek, is die kom­buis op sy kop ge­keer: Hal­we bro­de, vuil bak­kies, ’n pot kof­fie wat staan en koud word, mes­se­goed in die was­bak – el­ke ding wat uit sy plek is, deel van die sto­rie van ’n nu­we dag.

Want van­og­gend was hier men­se, is hier gelééf. En is dit nie pre­sies wat ’n kom­buis in e­ni­ge huis is nie? Dit raak soms rof, dik­wels mor­sig. Dit raas, dit word stil. En uit­ein­de­lik blink die toon­ban­ke weer en is als te­rug in hul kas­te. Ge­reed vir ’n nu­we dag mô­re.

’n Kom­buis is los­han­de my guns­te­ling-ver­trek in die huis. Ve­ral in die win­ter, soos nou, met geu­re van bre­dies en sop­pe en pan­ne­koek wat my om­vou.

Sa­lig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.