In klip ge­giet

Tuis - - VARS IDEES -

Frans en Di­na van Wyk van Dull­stroom het hul dog­ter, die bin­ne­ver­sier­der Di­na Ven­ter, ge­vra om hul sit­ka­mer aan te pas – met die voor­waar­de dat sy so­veel moont­lik van die rooi­ge­beitste hout en na­tuur­li­ke klip, e­le­men­te waar­oor hul­le gaan­de is, be­hou.

Vir die kag­gel het Di­na tit­sels blou by­ge­voeg om die om­rin­gen­de rooi en bruin to­ne te ver­fris. Sy het ook ’n skil­de­ry op die man­tel ver­vang met ’n groot spie­ël om lig te weer­kaats en die om­rin­gen­de de­kor te weer­spie­ël.

“Wan­neer jy by die huis in­stap, is die kag­gel een van die eer­ste din­ge wat jy sien,” sê Di­na. “Dit s­kep daar­die knus rooi­wyn-by-die­kag­gel-ge­voel; boon­op gooi die spie­ël lief­li­ke lig van­uit al­le hoe­ke en be­klem­toon dit die ver­trek se de­kor­ske­ma prag­tig.”

Vir ek­stra warm­te in die oop dub­bel­vo­lu­me­ruim­te is daar ook ’n smeul­kag­gel. “Dié is be­slis meer doel­tref­fend; wan­neer dit reg­tig koud is, steek ons die kag­gel ook aan om­dat dit so­veel meer at­mos­feer s­kep,” sê Di­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.