[ DEKORWENKE VIR ’N KLEIN RUIM­TE]

Tuis - - LESERHUIS -

Wan­neer jy ’n klein ruim­te moet in­rig, is dit goed om te be­gin met ar­ti­kels waar­voor jy die lief­ste is, sê Vicki. Bou dan die res van die ver­trek daar­rond­om.

• Be­perk meu­bels en fie­ter­ja­sies tot die mi­ni­mum.

• Wees dap­per met jou kleur­keu­ses, af­wer­kings en de­tail, maar sorg dat dit deur­lo­pend is en as ’n een­heid saam­werk. Ek het baie na­vor­sing op Pin­te­rest ge­doen om ’n pa­let van kleu­re te kry wat saam sou werk. Om­dat die huis so lan­de­lik is, het ek ge­voel ek kon vrye teu­els ge­bruik met ’n vro­li­ke kleur­ske­ma. Ek het ’n in­spi­ra­sie­bord ge­maak met verf­kleu­re, kleu­re vir die vloer en hout in al die ruim­tes. Be­plan­ning soos dié be­perk fou­te en cha­os.

• Be­plan jou be­lig­ting met groot sorg, want dit speel ’n be­lang­ri­ke rol – ve­ral in ’n klein ruim­te.

• My leef­ver­trek word oor­heers deur ’n groot kas wat i­de­aal is vir bê­re­plek en om mooi goed op uit te stal. Dit gee hoog­te aan die ver­trek.

• Die res van jou meu­bels se pro­por­sies moet van so ’n aard wees dat ’n mens mak­lik van een punt na ’n an­der kan loop.

• Ek hou die kom­buis­op­per­vlak­ke so kaal moont­lik; die “vuil werk” ge­beur al­les in ’n a­par­te op­was­plek.

Vicki be­plan ’n pri­eel by die plon­spoel (bo) wat sy wil laat toe­rank vir ska­du. Die fla­mink van plas­tiek­be­dek­te te­ëls teen die stoep­muur kom uit ’n in­te­ri­eur­win­kel in U­t­recht, Ne­der­land. “Nie­mand wou dit koop in die win­kel nie, nou sit hy hier.”

In die so­mer ont­haal Vicki graag op dié aan­ge­bou­de sy­stoep waar blin­dings die son af­keer. “Ek wil ook nog ’n me­taal­skerm voor die stoep op­rig om meer pri­vaat­heid te gee teen die pad wat hier ver­by­loop,” ver­dui­de­lik sy. KONTAKTE EN VERSKAFFER­S AA S­ha­des 0860 742 337, aas­ha­des.co.za Barn & Werf 084 670 6099 B­bel­la­my & B­bel­la­my 084 314 5741 Bees­wood De­cor les­[email protected]­wood­de­cor.co.za Bro­can­te So­cie­ty 083 555 0194 John Brass 021 447 2807 Les Col­lec­ta­bles 021 761 6085 Mait­land Pa­wn S­hop 021 511 3531, mait­land­pa­wns­hop.co.za Moroc­can Wa­re­hou­se 021 461 8318 Paint­smiths paint­smiths.co.za Pier Ra­be An­ti­ques 021 883 9730, pier­ra­be.com Re­vels­to­ne 021 761 9739, re­vels­to­ne.co.za To­ny Mein­tjes 082 459 9050 Ur­ban Fa­bri­cs 021 204 5000, ur­ban­fa­bri­cs.co.za Ta­fel van

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.