[ CAR­LA SE KOOPWENKE]

Tuis - - DEKOR -

• Moe­nie bang wees om ’n bê­re­koop­oor­een­koms met han­de­laars in twee­de­hand­se goe­de­re aan te gaan nie. In my er­va­ring was die mees­te han­de­laars nog al­tyd in­skik­lik, ve­ral as dit die koop ver­se­ker. Aan die an­der kant is dit be­lang­rik dat jy be­tyds en kon­se­kwent be­taal in­dien jy ver­troue wil op­bou en weer die luuk­se van ’n af­be­taal­oor­een­koms wil hê.

• Meet jou ruim­te sorg­vul­dig; vra lie­wer ie­mand wat ak­ku­raat kan meet as dit nie jou sterk punt is nie. Ek moes al ’n paar stuk­ke laat aan­pas – of selfs ver­koop – om­dat hul­le nie in hul be­stem­de ruim­te ge­pas het nie.

• Moe­nie iets koop net om­dat dit be­kos­tig­baar is nie. Wees ge­dul­dig en wag tot­dat die per­fek­te i­tem op­duik. Dit sál.

• Ek her­ge­bruik graag meu­bels; ’n ap­te­kers­kas kan by­voor­beeld werk as ’n dran­kieta­fel en ’n win­kel­kas werk per­fek in die kom­buis.

• As jy iets koop wat nie so goed in ’n be­paal­de ruim­te pas as wat jy ge­dink het nie, pro­beer dit el­ders of ver­koop dit.

• Kyk wat is aan­lyn be­skik­baar. Ek loer el­ke dag op gum­tree.co.za en het sleu­tel­woor­de ont­wik­kel wat die om­vang van my soek­tog be­perk. Maar soms blaai ek ge­dul­dig deur al die re­sul­ta­te son­der om fil­ters te ge­bruik; jy sal jou ver­baas oor hoe par­ty men­se hul pro­duk­te ka­te­go­ri­seer – as jy net on­der “meu­bels” en “an­tiek­wa­re” ge­soek het, sou jy dit heel­te­mal mis­ge­loop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.