’n Nu­we kom­buis vir min­der as R35 000!

Tuis - - RAAD -

As jy die ken­ners in­kry om vir jou ’n nu­we kom­buis te in­stal­leer, kan dit jou mak­lik R100 000 tot R200 000 (selfs meer!) uit die sak jaag. Dit sal wel jou huis se waar­de ver­hoog, maar al­mal het nie daar­die soort geld nie. Ge­luk­kig is daar kort­paaie wat jou kom­buis splin­ter­nuut kan laat lyk teen veel min­der – soos An­ne­lie Car­stens se Dur­ban­vil­le­kom­buis wat teen min­der as R35000 op­ge­knap is.

Ja­c­ques M­ül­ler en Jus­tin Duckitt, t­wee ge­sou­te op­knap­pers, deel hul wen­ke vir hoe jy ’n kom­buis op ’n begroting kan regruk: 1 Be­gin deur ont­slae te raak van al­les wat oud­mo­dies is en af­ge­leef lyk – het­sy ou toe­stel­le of muur­te­ëls. Om ou te­ëls uit te kap is nie so moei­lik soos wat dit lyk nie: Ver­wy­der eers al die voeg­bry met ’n draai­bei­tel (“ro­ta­ry tool”); daar­na is dit mak­lik om die te­ëls af te kap.

2 Maak die ruim­te so oop en ruim moont­lik om meer na­tuur­li­ke lig in te bring. As daar kas­te is wat die lig of uit­sig­te be­lem­mer, haal dit uit. Kyk met nu­we oë na ’n oor­groot ei­land of in­ge­bou­de kas­te rond­om die ys­kas – dalk werk dit nie vir jou spe­si­fie­ke kom­buis as dit te veel ruim­te in be­slag neem of die vloei be­lem­mer nie.

3 Her­win wat jy ook al kan. Jy sal ’n for­tuin be­spaar deur jou be­staan­de kas­te te hou en dit net te verf. Jy kan ook die hand­vat­sels met me­taal-spuit­verf by­dam vir ’n nu­we voor­koms – met die mag­dom pro­duk­te op die mark sal jy se­ker­lik iets kry wat in jou smaak val.

4 Bou self kas­te. ’n Kontemporê­re uit­stal­rak is by­voor­beeld mak­lik om te maak van be­kos­tig­ba­re laag­hout en neem min ruim­te in be­slag.

5 Se­ke­re ta­ke soos e­lek­trie­se en te­ël­werk moet wel aan die ken­ners oor­ge­laat word, ten­sy jy baie er­va­ring daar­van het. Be­gin deur te be­plan wat jy self kan doen en wat­ter spe­si­a­lis­werk no­dig sal wees – dit sal jou help om be­ter te be­groot. 6 Die geld wat jy be­spaar deur die mees­te van die werk self te doen, kan jy uit­ein­de­lik op ’n nu­we toe­stel soos ’n stoof of ys­kas be­stee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.