V­ly­ti­ge Lies­bet is te­rug!

Tuis - - RAAD -

Na­dat bed­ding-im­pa­ti­ëns in huis­tui­ne uit­ge­wis is deur dons­skim­mel, is ’n nu­we siek­te­vrye, vin­nig groei­en­de kul­ti­var nou vir die len­te be­skik­baar. Im­pa­tiens ‘Be­a­con’ is ver­le­de jaar as toetslo­pie in plaas­li­ke tui­ne ge­plant langs va­ri­ë­tei­te wat vat­baar is vir dons­skim­mel – dit het ge­sond ge­bly en aan­hou blom, ter­wyl die an­der ge­vrek het. ‘Be­a­con’ is te kry in hel­der­rooi, o­ran­je, vi­o­let, salm­pienk, wit en ko­raal, as­ook in ’n ge­meng­de pak. Hier­die laag groei­en­de, blom­ry­ke plant wat die bes­te vaar in ska­du tot half­ska­du, vra grond wat goed met kom­pos ver­ryk is en ’n ge­reel­de nat­maak. Voed een keer ’n maand met ’n vloei­ba­re mid­del om vol­op blom­me aan te moe­dig. KONTAK ball­straat­hof.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.