Sa­moe­sa-pas­tei

Tuis - - KOS SPESERYE -

Om hap­pie­groot sa­moe­sas te vul en vou is ’n lief­destaak wat baie lank neem as jy nie ge­oe­fen is nie. Kies dus kort­pad en maak ’n groot pas­tei. Dié geu­ri­ge maal­vleis is die per­fek­te vul­sel vir e­nig­iets van sa­moe­sas tot vet­koek of ja­fels, so ver­dub­bel ge­rus die be­stand­de­le en vries dit!

Ge­noeg vir 4–6 as hoof­ge­reg • Be­rei­dings­tyd: 35 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 1 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C

• 15ml elk bot­ter en o­lie • 1 ui, ge­kap • 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­druk • 1 duim gem­mer, ge­kap • 1 groen brand­ris­sie, ge­kap • 1kg ma­er maal­vleis • 30ml Mot­her In Law-ma­sa­la

• 2 aar­tap­pels, in blok­kies ge­sny • 250ml be­vro­re ert­jies • 15ml suur­le­moen­sap • vars kol­jan­der • so­wat 18 vel­le sa­moe­sa­deeg (sien wen­ke oor­kant) • 125ml ge­smel­te ghi (ver­hel­der­de bot­ter)

1 Braai die ui sta­dig in die bot­ter en o­lie tot sag en ge­ka­ra­mel­li­seer. Roer die knof­fel, gem­mer en ris­sie by, ge­volg deur die maal­vleis en die ma­sa­la. Braai ver­der tot­dat die vleis mooi bruin is en die ma­sa­la goed deur­ge­meng is. Breek die vleis deur­gaans met ’n spaan op so­dat dit nie klon­te maak nie.

2 Roer die aar­tap­pels en ert­jies by, sit die dek­sel op en laat stoom ’n paar mi­nu­te lank tot­dat die groen­te sag en gaar is. Geur na smaak met sout en pe­per, roer die suur­le­moen­sap en kol­jan­der by. S­kep in ’n oond­vas­te pas­tei­bak en laat ef­fens af­koel.

3 Voor­ver­hit die oond. Verf die deeg mil­de­lik met ghi aan al­bei kan­te. From­mel nou een vir een op in ’n mooi bon­del en rang­skik dit bo-op die vul­sel om die he­le op­per­vlak te be­dek. Maak ge­noeg bon­del­tjies dat el­ke skep­pie ’n deeg­dop­pie kan hê. Bak nou vir 25–35 mi­nu­te of tot die deeg goud­kleu­rig en bros ge­bak is. Sit da­de­lik voor met geel­rys, blat­jang en sam­bals.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.