Hoen­der-met-a­syn

Tuis - - KOS SPESERYE -

My vriend E­mi­le Car­stens kry om­trent ster­re in sy oë wan­neer hy praat van dié ge­reg wat sy skoon­ma ge­reeld vir hul ge­sin maak; sy vrou, A­ni­ta, was gaaf ge­noeg om die re­sep uit Lon­den aan te s­tuur.

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te

• 30ml o­lie • 5ml ko­myn­saad, in ’n vy­sel ge­stamp • 1 duim vars gem­mer, ge­skil en ge­ras­per • 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap • 2 groen brand­ris­sies, ont­pit en ge­kap (op­si­o­neel) • 12 hoen­der­dy­fi­let­te, elk­een ge­hal­veer • 60ml bruin­a­syn • 2 mid­del­slag-aar­tap­pels, in blok­kies ge­sny • 15ml ga­ram ma­sa­la • so­wat 30ml bros ui­e­vlok­kies vir gar­ne­ring • 300g groen groen­te soos peu­ler­tjies, ba­bas­pi­na­sie, murg­pam­poen­tjies en broc­co­li­blom­me • 30ml vars kol­jan­der, ge­kap • 4 ro­ti’s vir voor­sit • ge­stoom­de rys vir voor­sit

1 Ver­hit die o­lie en braai die ko­myn, gem­mer, knof­fel en ris­sie saam tot geu­rig. Voeg ’n knip­pie sout by. Voeg dan die hoen­der by en braai tot lek­ker bruin (so­wat 10 mi­nu­te). Roer die a­syn en aar­tap­pels by en kook nog 5 mi­nu­te saam. Die vleis en aar­tap­pels ab­sor­beer die geu­re heer­lik.

2 Strooi die ga­ram ma­sa­la en die ui­e­vlok­kies by en laat prut vir nog so­wat 10–15 mi­nu­te oor lae hit­te met die dek­sel op tot­dat die hoen­der gaar is.

3 Stoom of roer­braai die groen­te tot gaar, maar nog bros. Strooi die kol­jan­der oor die hoen­der en ge­niet met die groen­te, rys en ro­ti’s. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.