D­hal met bot­ter­skor­sie en ke­ker­ert­jies

Tuis - - KOS SPESERYE -

Ke­ker­ert­jie- of len­sie­ker­rie kom in ver­skeie ge­daan­tes. En glo my, wan­neer jy so ’n bak­kie vol hier­van in jou han­de het, is dit soos ’n druk­kie van bin­ne.

Ge­noeg vir 4–6 Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 40 mi­nu­te

• 30ml ghi (ver­hel­der­de bot­ter) • 1 klein ui, ge­kap • 375ml cha­na d­hal (split-ke­ker­ert­jies, of ge­bruik geel len­sies), ge­spoel • 30ml vars bor­rie­wor­tel, ge­ras­per • 5ml ga­ram ma­sa­la • 15ml elk o­lie en bot­ter, of ghi • 5ml elk ko­myn, mos­terd en vin­kel­saad • 6 vars ker­rie­bla­re • 1 knof­fel­hui­sie, ge­kap • 1 groen brand­ris­sie, ont­pit en ge­kap • 1 duim vars gem­mer, ge­skil en ge­ras­per • 2 groot ta­ma­ties, ge­kap • vars kol­jan­der

1 Ver­hit die bot­ter en braai die uie tot sag en glan­send. Voeg die d­hal, bor­rie en 750 ml wa­ter by. Bring tot kook­punt en laat prut oor ma­ti­ge hit­te tot­dat die d­hal be­gin sag word (so­wat 30–40 mi­nu­te). S­kep deur­gaans e­ni­ge skuim af wat bo-op vorm.

2 Geur na smaak met sout en pe­per en ga­ram ma­sa­la. Oor­deel of die teks­tuur vir jou reg is. Die d­hal moet soos pap lyk – dik­ker as sop, maar slap­per as hoe­moes. Voeg nog wa­ter by of kook dit lan­ger in­dien dit te dik is. Jy kan die d­hal ook met ’n staaf­meng­ser fy­ner maak.

3 Ver­hit die o­lie en bot­ter saam in ’n klein pan en roos­ter die ko­myn, mos­terd en vin­kel saam tot geu­rig. Roer die ker­rie­bla­re, knof­fel, ris­sie, gem­mer en ta­ma­ties by en braai ’n paar mi­nu­te lank. Ver­wy­der van die hit­te en s­kep die ta­ma­tie­meng­sel bo-op die d­hal. Sit net so voor met ’n strooi­sel vars kol­jan­der as by­ge­reg, of voeg ge­roos­ter­de sky­fies bot­ter­skor­sie en ke­ker­ert­jies by vir ’n vul­len­der hoof­ge­reg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.