Le­ser­huis

IN DIÉ EKODORP, WAAR AL DIE HUI­SE GE­BOU WORD MET DIE OOG OP VOLHOUBAAR­HEID, HET ’N VERNUFTIGE PAAR­TJIE HER­WIN­DE MA­TE­RI­AAL GE­BRUIK OM HUL DROOM­HUIS TE BOU

Tuis - - CONTENTS -

Na­dat hul­le ’n erf in Ly­ne­doch,

’n ekodorp bui­te S­tel­len­bosch, ge­koop het, moes Al­ta Vo­gel en K­ris­ti­an Lei­se­gang bou­ma­te­ri­aal kies wat in lyn sou wees met die e­tos van volhoubaar­heid wat in dié ge­meen­skap geld. Nie net wou hul­le ’n e­ko­vrien­de­li­ke huis bou nie, dit moes ook vrien­de­lik teen­oor hul bank­ba­lans wees!

Hul­le het ver­skeie moont­lik­he­de on­der­soek. Met een oog op die voor­koms wat hul­le in ge­dag­te ge­had het en die an­der op hul be­gro­ting, het hul­le be­sluit op twee­de­hand­se bak­ste­ne. Dié het hul­le toe by ’n mu­ni­si­pa­le stor­tings­ter­rein op­ge­spoor waar hul­le maan­de lank el­ke dag ’n paar gaan op­laai het.

“Ons sou stort­ter­rein toe ry, die bes­te heel bak­ste­ne uit­soek, dit nou­keu­rig tel en kon­tant daar­voor be­taal,” ver­tel Al­ta. “Ons moes on­der­han­del oor die prys en el­ke bak­steen het op die ou end tus­sen R1,50 en R2 ge­kos (ont­hou, dit was ses jaar ge­le­de). Par­ty dae was daar baie, en an­der dae moes ons wag en hoop ons kry ’n paar!”

Die paar­tjie is al­bei ho­me­o­pa­te: Al­ta het ’n vol­tyd­se prak­tyk en K­ris­ti­an gee klas by die S­kool vir Na­tuur­ge­nees­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land. En om­dat al twee met hart en siel ver­bind is tot ’n vol­hou­ba­re leef­styl, was die e­ko­vrien­de­li­ke be­na­de­ring van die dor­pie in vol­ko­me har­mo­nie met hul groen i­de­a­le.

“Ons wou deel wees van ’n di­ver­se e­ko­ge­meen­skap wat ’n vol­hou­ba­re leef­styl hand­haaf,” sê Al­ta. “Maar ons is ook gaan­de oor die oop­heid, prag­ti­ge uit­sig­te, kin­ders wat die vrye na­tuur ge­niet en al­ge­he­le rus­tig­heid van die dorp.”

Die uit­sig­te is voor­waar iets om te aan­skou! Al­ta en K­ris­ti­an se huis kyk uit op die na­by­ge­leë win­ger­de en Hot­ten­tots-Hol­land­berg in die ver­te. Na­der aan die huis is daar ook die dor­pie se Riet­vlei­dam, wat in 2017 ge­bou is om re­ën­wa­ter op te vang.

“Kol­gan­se be­soek ge­reeld die dam, ons hoor snags pad­das en hou graag die we­wers in die rie­te dop,” sê Al­ta. “Ons is so ge­luk­kig om om­ring te wees met die na­tuur en deel te wees van dié e­ko­be­wus­te ge­meen­skap.” >>

Ons bring die mees­te van ons tyd hier deur, of ons nou kook of bord­spe­le­tjies speel. – Al­ta

’n Aard­se leef­wy­se is ‘n baie ver­ge­wens­ge­sin­de dekorstyl. – Al­ta

[EEN­VOU­DI­GE DE­KOR]

Die huis is ver­sier met meest­al twee­de­hand­se ko­pies wat aan­lyn of by twee­de­hands­win­kels of mark­te ge­koop is. “Ons het ge­fo­kus op plaas­lik ver­vaar­dig­de, hand­ge­maak­te en her­win­de ar­ti­kels wat by­dra tot die plaas­li­ke e­ko­no­mie en ’n klei­ner voet­spoor laat,” sê Al­ta.

Aan­ge­sien die paar­tjie se be­gro­ting knap was, het hul be­plan­ning hoof­saak­lik op be­spa­ring pleks van duur, luuk­se wa­re ge­fo­kus. “In ons kom­buis het ons by­voor­beeld meer be­kos­tig­ba­re een­he­de soos oop rak­ke pleks van kas­te, en een­vou­di­ge af­wer­kings soos ge­verf­de den­ne­hout. Ons het ons ook in­ge­hou met die de­kor, bui­ten twee rye te­ëls as spat­pa­neel. Só kon ons in ’n goeie gas­stoof en ’n lief­li­ke bad met ko­per­kra­ne vir ons en sui­te be­lê.”

Die paar­tjie het nie vloer­lys­te in­ge­sit nie om­dat hul­le ge­voel het die af­ge­vlak­te vloe­re en bak­steen­mu­re sluit per­fek by me­kaar aan. “Ons het die don­ker, rus­tie­ke voor­koms van die bak­steen­mu­re ge­ba­lan­seer met wit af­ge­vlak­te vloe­re, sag­te ka­toen en flu­weel, en spat­sels hel­der kleur. Daar is so­veel ver­skil­len­de kleu­re wat prag­tig lyk saam met die neu­tra­le ska­ke­rings van die bak­ste­ne,” sê Al­ta.

V­rien­de­li­ke ont­werp

Die ge­bruik van her­win­de bak­ste­ne was nie Al­ta en K­ris­ti­an se e­nig­ste e­ko­vrien­de­li­ke plan nie. Hul ar­gi­tek, Jo­han Bos­hoff van JB Ar­chi­tec­tu­re, het pas­sie­we son­krag-be­gin­sels toe­ge­pas om na­tuur­li­ke tem­pe­ra­tuur­be­heer in die ge­bou te skep.

“Dit ver­se­ker dat die struk­tuur in die koe­ler maan­de so­veel e­ner­gie moont­lik uit die son kry, ter­wyl dit in die war­mer maan­de die son af­keer,” ver­dui­de­lik Jo­han.

Die huis front noord, wat be­te­ken dit be­nut die son en na­tuur­li­ke lig ten bes­te dwars­deur die jaar. Die dak hang ver ge­noeg oor dat die huis in die war­mer maan­de be­skut is teen die hoë so­mer­son; in die win­ter, wan­neer die son la­er sit, be­reik sy stra­le wel die ven­sters on­der die dak­oor­hang. Dit ver­warm die se­ment­vloe­re en bak­steen­mu­re, wat op hul beurt die hit­te wat só ge­ab­sor­beer word, snags vry­stel.

“S­waar ma­te­ri­a­le soos be­ton en kleis­te­ne kan baie so­n­e­ner­gie ab­sor­beer; op die­self­de wy­se help don­ker­kleu­ri­ge ma­te­ri­a­le om jou huis warm te hou in die win­ter,” sê Jo­han. Hy stel ook die ge­bruik van e­ner­gie­doel­tref­fen­de glas (soos dub­bel­glas) vir ven­sters en goeie i­so­le­ring vir dak­ke en mu­re voor so­dat die huis deur die jaar ge­mak­lik is. Vir ’n koe­ler bin­ne­ruim­te in die so­mer be­veel Jo­han aan dat deu­re en ven­sters in oop­plan-a­re­as reg­oor me­kaar ge­plaas word om na­tuur­li­ke ven­ti­la­sie te skep.

Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s Hen­ri­que Wil­ding S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk

Die fa­sa­de ver­toon met trots al die ver­skil­len­de bak­ste­ne waar­mee die huis ge­bou is. Plan­te soos sa­go­palms, o­lyf­bo­me en kak­tus­se ge­dy om die huis dank­sy ’n na­by­ge­leë fon­tein.

WIE WOON HIER? Al­ta Vo­gel en K­ris­ti­an Lei­se­gang en hul kin­ders, Da­niel (10) en Ky­le (8), drie kat­te en twee hoen­ders WAAR Ly­ne­doch-ekodorp, S­tel­len­bosch GROOT­TE 146 m² Die kom­buis is rond­om die te­ëls teen die spat­pa­neel be­plan. Al­ta het die te­ëls op Gum­tree ge­kry waar dit as oor­skiet van ’n pro­jek ge­ad­ver­teer is. Spat­sels kleur soos dié ver­sag die ont­blo­te bak­steen­mu­re.

Die pla­fon is van I­so­Bo­ard, wat help met tem­pe­ra­tuur­be­heer. Rus­bank van gum­tree.co.za; kre­me­tart-kuns­werk van hout was ’n mark-vonds

’n Knus kui­er­hoe­kie by die piz­za-oond is met lat­te af­ge­skort. “Ons het al heel­par­ty bou­jou-eie-piz­za-kin­der­par­ty­tjies ge­hou en druk graag iets in die oond vir fa­mi­lie-e­tes; dis ’n vreug­de­vol­le ruim­te vir vrien­de en ge­lief­des,” sê Al­ta. Die bui­te­meu­bels is ge­maak deur vak­man­ne wat hul han­de­werk op die R44 tus­sen S­tel­len­bosch en So­mer­set-Wes ver­koop. Mos­terd­geel kus­sings van MRP Ho­me

Die kom­buis en hoof­slaap­ka­mer maak oop op dié den­ne­hout-dek wat oor die win­ger­de en Riet­vlei­dam uit­kyk. Die ta­fel en ban­kies is van her­win­de hout ge­maak.

S­te­am­punk-staan­lamp van die Blaau­w­klip­pen-mark

Die sit­ka­mer en kom­buis is ’n oop­plan­ruim­te met meu­bels in ver­skeie teks­tu­re en warm kleu­re. ’n Den­ne­hout-boek­rak is rooi ge­verf en die an­tie­ke kas, ’n ge­skenk, dien nou as spens­kas. Die paar­tjie het be­sluit op “ge­brui­kers­vrien­de­li­ke” oop rak­ke teen die mu­re; die on­der­kas­te is een­vou­dig werk­ban­ke met ge­verf­de deu­re. Die ei­land, pas­ge­maak van O­re­gon­den­ne­hout, is met wit kryt­verf af­ge­rond. Heel­par­ty huis­plan­te gee ’n vars­heid aan die bin­ne­ruim­te. Al­ta se sus­ter Ri­a­na het die swart-wit­fo­to in die Nu­we­land-bos ge­neem. >> Ron­de goi­ing­mat van MRP Ho­me; kom­buis­stoe­le van Lot­ters Pi­ne Fur­ni­tu­re; ei­land ge­maak deur Odds and Ends

Hou­te­le­men­te werk uit­ste­kend saam met die rou ste­ne in die hoof­slaap­ka­mer. Bed van gum­tree.co.za; ge­streep­te gor­dyn­lap van Fa­bric Cen­t­re; de­kens van Mun­go; kus­sings van MRP Ho­me

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.