Hoe rooi­er hoe mooi­er

Tuis - - ONS LESERS SÊ -

El­ma­rie K­ri­ge van Kru­gers­dorp skryf Tuis is vir my ’n uit­bun­di­ge tyd­skrif en ek is al­tyd op­ge­won­de wan­neer dit op die rak­ke ver­skyn. Ek sê uit­bun­dig, want dis hoe al die kleur­vol­le fo­to’s my laat voel. ’n Mens wil am­per jou he­le huis om­keer en oor­doen! Die ar­ti­kel “’n Vars bries” (Ju­nie 2019) oor die Bu­chholz-huis het my to­ne laat om­krul van lek­ker­kry. Suid-A­fri­ka is ’n kleur­vol­le land met kleur­vol­le men­se, en ’n huis vol kleur en pa­troon soos dié een laat my hart warm klop. ’n Mens voel hier kan jy kruis­been op die stoe­le sit en as jy ’n paar koe­kie­krum­mels mors, is dit nie die ein­de van die wê­reld nie. Par­ty men­se is tog so bang vir kleur en bly by die vei­li­ge brui­ne en room en wit. Ag, nee wat, ek het nog nooit in ’n huis ge­bly waar ek nie min­stens een muur rooi ge­verf het nie, want hoe rooi­er hoe mooi­er mos!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.