OP DIE KAS­SIE

Tuis - - DAGBOEK -

Die twee­ling­sus­ters Fa­ti­ma en Ga­di­ja Sydow is pas­sie­vol oor al­les wat Kaaps-Ma­leis is, en in Kaap, ker­rie en koe­sis­ters (sei­soen 4 be­gin 5 Sep­tem­ber op VIA, DStv-ka­naal 147) vier hul­le die kook­kuns én die ge­meen­skap. In el­ke e­pi­so­de nooi Ga­di­ja ’n plaas­li­ke held by Fa­ti­ma se kom­buis in vir ’n fees­maal om hul­le te ver­eer vir hul by­drae aan die ge­meen­skap.

10DE JAAR­LIK­SE WATERBLOMM­ETJIEFEES 7 Sep­tem­ber: Paarl Vier plaas­li­ke wyn­pro­du­sen­te span saam om die 10de Waterblomm­etjiefees ’n pret­ti­ge er­va­ring vir die he­le ge­sin te maak. S­mul aan tra­di­si­o­ne­le wa­ter­blom­me­tjie­bre­die en -sop, of proe je­ne­wer-men­gel­dran­kies en de­ka­den­te wa­ter­blom­me­tjie­room­ys. Toe­gang is gra­tis, mits jy een blik­kie kos per voer­tuig skenk – dit gaan na ’n plaas­li­ke lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie. As jy meer in­lig­ting ver­lang oor die wyn­pla­se wat deel­neem en die spe­si­a­le proeë, be­soek waterblomm­etjiefees.com.

DURBAN-STRAATKOSF­EES 27–29 Sep­tem­ber: Durban Ver­lus­tig jou in ’n op­win­den­de ku­li­nê­re er­va­ring en vier plaas­li­ke geur! Ver­wag le­wen­de mu­siek, nag­mark­te, kos­stal­le­tjies, kos­trok­ke en meer! Kaar­tjies by quic­ket.co.za kos R50 vir vol­was­se­nes; kin­ders on­der 12 gaan gra­tis in. S­ka­kel 063 663 5354 vir be­son­der­he­de.

CY-MARK 30 Sep­tem­ber–6 Ok­to­ber: S­to­ne S­hed, Dur­ban­vil­le Vind in­spi­ra­sie in pot­te­bak­ke­ry, lief­li­ke lin­ne, ’n spat­sel verf en nog baie meer. Die CY-mark is ’n vie­ring van plaas­li­ke hand­ge­maak­te pro­duk­te en die mooi­ste de­kor. Koop als wat jou hart be­geer en span dan uit met ’n glas wyn of heer­li­ke snoep­goed. Kaar­tjies kos R50 per per­soon en kin­ders on­der 14 kan gra­tis in­gaan. S­ka­kel 083 324 3174 of be­soek cy­mar­ket.co.za vir meer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.