Roos­ta­ke vir el­ke streek in Sep­tem­ber

Tuis - - RAAD -

So­mer­re­ën­streek Maak twee keer ’n week diep nat om lang ste­le en mooi blom­me aan te moe­dig. S­trooi ’n dek­laag dat die grond koel en klam bly en be­mes mid­del Sep­tem­ber met Vi­goro­sa. Spuit week­liks met Lud­wig’s In­sect S­pray teen plant­lui­se en blaas­poot­jies of deur­drenk el­ke struik met Koi­nor. Vin­ger­snoei hi­bried-teero­se in die mid­del van die maand (sien vraag hier­bo) vir ’n lan­ger blom­sei­soen en blom­me van goeie ge­hal­te.

Win­ter­re­ën­streek Die uit­da­ging nou is om nu­we groei teen dons­skim­mel, swart­vlek en in­seks­ka­de te be­skerm. Spuit week­liks met ’n meng­sel van Chro­nos, Lud­wig’s In­sect S­pray

en Pi­can­ta of wis­sel dit af met Ro­se Pro­tec­tor. Be­mes met Vi­goro­sa om nu­we groei te on­der­steun.

La­e­veld en K­waZu­lu-Na­tal­se kus Vin­ger­snoei hi­bried-teero­se teen die mid­del van die maand. Maak twee tot drie keer ’n week goed nat, af­han­gend van die tem­pe­ra­tuur, en s­trooi de­klae om ver­dam­ping te be­perk en die wor­tels koel te hou. Plaag­be­heer is baie be­lang­rik, ver­al om nu­we blom­me en groei te be­skerm teen plant­lui­se en blaas­poot­jies. Spuit el­ke twee we­ke met Lud­wig’s In­sect S­pray of deur­drenk met Koi­nor, ’n lang­du­ri­ge plaag­do­der, vroeg in Sep­tem­ber.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.