’N FEES VAN GEU­RE

Braai trots Suid-A­fri­kaan­se Grain Field C­hic­kens-hoen­der oor die ko­le om Er­fe­nis­dag op 24 Sep­tem­ber te vier.

Tuis - - GRAIN FIELD CHICKENS-PROMOSIE -

LIP­LEK­KER HOENDERKWA­RTE

Die ge­heim ag­ter ro­ke­ri­ge, sap­pi­ge hoen­der is om die be­druip­sous net vir die laas­te kwart van die gaar­maak­tyd te ge­bruik. Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: so­wat 45 mi­nu­te

• 4 Grain Field C­hic­kens-hoen­der­ag­ter­kwar­te

SPESERYMEN­GSEL • 5ml see­sout • 3ml vars­ge­maal­de swart­pe­per • 10ml ge­rook­te pa­pri­ka • 5ml ge­meng­de kruie • 5ml mos­terd­poei­er • 5ml suur­le­moen­skil • 3 tak­kies tie­mie

BE­DRUIP­SOUS • 30 ml ap­pel­koos­kon­fyt • 60 ml blat­jang • so­wat 30 ml rooi­wyn­a­syn • 15–30 ml S­ri­ra­cha (of jou guns­te­ling-ris­sie­sous) • 15 ml wor­ces­ter­sous

1 Steek the bri­ket­te in jou braai­ke­tel aan; jy sal ma­tig­hoë hit­te no­dig hê om die hoen­der gaar te maak. 2 Neem ’n skerp mes en maak drie diep in­sny­dings in el­ke stuk hoen­der se vel. Dit sal help dat die hit­te (en geu­re) die vleis bin­ne­dring en ver­se­ker dat dit e­we­re­dig gaar word. Meng die spe­se­rye met ’n stam­per en vy­sel tot goed ge­kom­bi­neer en smeer ro­jaal oor die hoen­der­stuk­ke. 3 Maak se­ker die braai­roos­ter in jou braai­er is skoon en ge­reed vir ge­bruik. Braai die hoen­der al­kant oor di­rek­te hit­te vir ’n paar mi­nu­te om die gaar­maak­pro­ses aan die gang te sit. Wag tot die hoen­der be­gin ver­kleur en skuif dit dan een­kant om ver­der oor in­di­rek­te hit­te te braai. Maak die dek­sel toe en laat die hoen­der vir so­wat 30 mi­nu­te rus­tig gaar word. Loer in dié tyd min­stens een keer na die hoen­der. 4 Meng al die be­stand­de­le vir die be­druip­sous. Lig die dek­sel op en verf die sous mil­de­lik oor die vel­kant van die hoen­der. Maak weer toe en braai nog 10–15 mi­nu­te of tot goud­bruin en taai; draai een keer om. Hou dop en moe­nie dat die hoen­der brand nie! Sit voor saam met jou guns­te­ling­by­kos­se; ons het warm aar­tap­pel­slaai, hoe­moes, o­ly­we en krui­e­slaai ge­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.