Geu­ri­ge bo­ne

Tuis - - KOS -

Bo­ne op roos­ter­brood met ’n ge­bak­te ei­er bo-op is een van my guns­te­ling- vin­ni­ge aand­e­tes – mits dit hiér­die bo­ne is! Dis ewe lek­ker op hul eie, of saam met ge­roos­ter­de pi­ta­brood. Dol­lie dit op met hoe­moes, tzat­zi­ki en ’n paar klein frik­ka­del­le­tjies en jy het ’n mi­ni-mez­ze van for­maat.

Ge­noeg vir 6 as by­ge­reg • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

• 30ml o­lie

• 1 geel soet­ris­sie, ont­pit en in re­pies ge­sny

• 1 wor­tel, ge­skil en ge­ras­per

• 1 rooi ui, fyn­ge­kap

• 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap

• 15ml ta­ma­tie­pas­ta

• 60ml wit­wyn

• 1 blik ge­kap­te ta­ma­ties

• ’n knip­pie ge­droog­de o­ri­ga­num en ko­myn

• 2 blik­ke wit bo­ne, ge­spoel en ge­drei­neer

1 Ver­hit die o­lie en braai die soet­ris­sie, wor­tel, ui en knof­fel saam tot­dat die groen­te geu­rig is en be­gin kleur kry. Roer die ta­ma­tie­pas­ta by en braai nog ’n paar mi­nu­te. Roer die wit­wyn by en kook tot met die helf­te in­ge­damp. Roer nou die ta­ma­ties, o­ri­ga­num, ko­myn en sout en pe­per na smaak by.

2 Voeg die bo­ne by en laat prut rus­tig vir so­wat 20 mi­nu­te son­der ’n dek­sel. Roer ge­reeld – die bo­ne moet dik wees, maar nie aan­brand nie. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.