Groen­vy-bak­la­va

Tuis - - KOS -

Ge­noeg vir 12–14 sky­fies (hang af hoe groot jou sky­we is) Be­rei­dings­tyd: 45 mi­nu­te Bak­tyd: so­wat 45 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C

• 1 bot­tel in­ge­leg­de groen­vye (jy het 10–12 vye en so­wat 200ml stroop no­dig)

• 750ml ge­meng­de neu­te, grof­ge­kap

• 60ml sui­ker

• ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen

• 250g bot­ter, ge­smelt

• 1 pak (500g) fil­lo­deeg, ont­dooi

1 Drei­neer die groen­vye en sit 200 ml stroop in die ys­kas om ys­koud te word. (As jy te min het, kook ge­ly­ke hoe­veel­he­de wa­ter en sui­ker saam vir 5 mi­nu­te na­dat die sui­ker op­ge­los het, en vul die groen­vy­stroop daar­mee aan.)

2 Kap die groen­vye en pols dit saam met die neu­te, sui­ker en suur­le­moen­skil in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot ’n grow­we meng­sel. Hou een­kant.

3 Be­sluit of jy ’n ron­de of vier­kan­ti­ge bak­la­va wil maak – ons het ’n ron­de 23 cm-koek­pan ge­bruik. Verf die pan met bot­ter, reg om te be­gin sta­pel. Tel jou fil­lo­deeg­lae en deel dit in vier. Neem die eer­ste hoe­veel­heid deeg­lae (hou die res van die deeg on­der ’n klam tee­doek so­dat dit nie uit­droog nie), verf een-een met bot­ter en sta­pel op me­kaar. Sny die sta­pel vol­gens die vorm van jou pan­ne­tjie en ge­bruik ook die af­ge­sny­de ran­de in die sta­pel om dit dik­ker te maak.

4 Sit die eer­ste sta­pel ge­smeer­de deeg­lae in die voor­be­rei­de pan en skep ’n der­de van die neut-en-groen­vy­vul­sel in ’n e­we­re­di­ge laag bo-op; druk goed vas. Verf die vol­gen­de hoe­veel­heid deeg­lae met bot­ter en plaas bo-op, ge­volg deur nog ’n der­de groen­vy­vul­sel, nog ’n sta­pel deeg­lae, weer vul­sel en ein­dig met die laas­te sta­pel fil­lo­deeg.

5 Voor­ver­hit die oond. Sny die bak­la­va nou in sky­we of in vier­kan­ti­ge blok­kies, maar net half­pad deur die lae (jy sny dit eers reg­deur wan­neer dit uit die oond kom, maar dis nood­saak­lik dat jy dit nou half­pad deur­sny so­dat dit la­ter mak­lik ver­deel kan word). Bak vir 30 mi­nu­te teen 180 °C en ver­hoog dan die oond­tem­pe­ra­tuur tot 200 °C vir nog so­wat 10 mi­nu­te of tot dit ’n diep goue kleur het.

6 Haal die bak­la­va uit die oond en sny dit deur tot op die bo­dem. Hou dit in die pan en giet da­de­lik die koue stroop oor so­dat dit be­hoor­lik ge­ab­sor­beer kan word. Laat die bak­la­va af­koel en sit dit koud voor met soet­wyn en ’n skep­pie dik G­riek­se jogurt of be­vro­re jogurt (re­sep oor­kant).

Be­vro­re jogurt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.