Ge­vul­de ca­la­ma­ri

Tuis - - KOS -

Ge­noeg vir 4–6 as voor­ge­reg Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 15 mi­nu­te

• 20 mid­del­slag-ca­la­ma­ri­bui­se, in melk ge­week vir 1 uur*

• so­wat 125ml room­kaas

• so­wat 100g fe­ta­kaas, ge­krum­mel

• ’n strooi­sel vars o­ri­ga­num

• 20 ma­ti­ge pi­kant­ris­sies

• so­wat 45ml o­lyf­o­lie

• suur­le­moen­sap en ge­ras­per­de suur­le­moen­skil na smaak

1 Was die ca­la­ma­ri­bui­se on­der lo­pen­de koue wa­ter en druk goed droog met ’n kom­buis­lap­pie (kom­buis­pa­pier sit vas). Maak se­ker die vin­ne en e­ni­ge an­der har­de kraak­been is ver­wy­der.

2 Meng die room­kaas en fe­ta. Geur na smaak met ’n bie­tjie vars­ge­maal­de swart­pe­per, ’n paar o­ri­ga­num­blaar­tjies en ge­ras­per­de suur­le­moen­skil. S­top die pi­kant­ris­sies met die meng­sel en druk 1 ge­stop­te ris­sie in el­ke ca­la­ma­ri­buis. In­dien daar room­kaas­meng­sel oor is, ver­deel dit ook tus­sen die bui­se en steek die o­pe­ning toe met ’n peu­sel­stok­kie (of maak soos die pu­ris­te wat dit toe­werk met naald en don­ker ga­re so­dat dit mak­lik ver­wy­der kan word).

3 Ver­hit die o­lyf­o­lie in ’n diep pan en braai die bui­se ver­sig­tig in sar­sies. Dis al­tyd mooi as die bui­se ’n kleur­tjie kry, maar moe­nie oor­gaar maak nie. Ná ’n paar mi­nu­te aan ’n kant be­hoort die bui­se nie meer deur­sig­tig te wees nie en is dit gaar maar steeds sag. Sit warm voor met ’n ek­stra strooi­sel o­ri­ga­num en suur­le­moen­sap na smaak. Pan­ge­braai­de ker­sie­ta­ma­ties is ook heer­lik as jy ’n sou­sie wil hê. Braai die ta­ma­ties in ’n klont bot­ter na­dat die ca­la­ma­ri­bui­se klaar ge­braai is.

* Dis dalk ’n wol­haar­sto­rie, maar ek vind dit gee ’n be­ter re­sul­taat as ek die ca­la­ma­ri so ma­ri­neer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.