’n Nut­ti­ge gids oor roos­soor­te

Met so­veel kleu­re, geu­re en vorms, hoe weet ’n mens wat­ter ti­pe roos moet jy waar plant? As jy ver­staan hoe daar tus­sen dié plan­te on­der­skei word, raak dit mak­li­ker.

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rié Ester­huy­se Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster S­ti­le­ring Me­lis­sa Rau­ten­bach

Geen an­der blom bied jou ’n wy­er ver­skei­den­heid wat be­tref grootte, kleur en vorm as die roos nie. Dié plan­te word in die al­ge­meen vol­gens groei­wy­se en blom­vorm in ka­te­go­rieë ver­deel. Hier is die groe­pe wat die mees­te in tuine ge­plant word:

Hi­bried-teero­se of e­del­ro­se

As jy daar­van hou om reg deur die groei­sei­soen rose vir die huis te pluk, plant ’n hi­bried-tee­roos. Dié rose blom vir lang tye aan­me­kaar en is goeie pluk­blom­me. Hul hoog­te wis­sel van 90 cm tot 2 m en die blom­me kan van so min as vyf blom­bla­re hê – soos ‘Dain­ty Bess’ – tot so­veel as 75. Plant dit in ’n for­me­le roos­bed­ding met net rose óf in ’n ge­meng­de bed­ding met pas­maats soos vin­ger­hoed­jies, rid­der­spo­re, sa­lies, dag­le­lies en i­ris­se. Plant die rose so­wat 80 cm uit­me­kaar om te ver­se­ker dat elk­een ge­noeg groei­plek het. ‘Just Joey’, ‘Est­her Gel­den­huys’, ‘Du­et’ en die ou be­ken­de ‘Pe­a­ce’-roos is voor­beel­de hier­van. [ ’N BIE­TJIE GESKIEDENI­S] Teero­se het ont­wik­kel uit t­wee ou C­hi­ne­se rose, een pienk en een geel-grys, met ’n tee­geur. Dié t­wee rose is aan die be­gin van die 19de eeu En­ge­land toe ge­stuur waar dit met nog C­hi­ne­se rose en la­ter ook rose uit an­der groe­pe ge­kruis is. Dit het ge­lei tot ’n nu­we groep ge­har­de rose wat her­haal­de­lik blom en wat ons van­dag as hi­bried-teero­se ken.

Flo­ri­bun­das of tros­ro­se

Dié rose blom ook vir lang tye met tros­se blom­me aan die bos. Hul­le het min on­der­houd no­dig en lyk mooi in ’n groep. Die hoog­te wis­sel tus­sen 80 cm en 2 m. Hoe­wel tros­ro­se se blom­me nooit baie groot is nie, ver­goed die hoe­veel­heid aan die steel daar­voor. Sit ’n klomp ste­le saam in ’n pot vir ’n in­for­me­le ge­voel van oor­vloed. Die be­ken­de wit ‘I­ce­berg’-roos, ‘Jo­han­nes­burg Gar­den Club’, ‘Sim­pli­ci­ty’, ‘South A­fri­ca’ en ‘Pe­arl of Bed­ford­view’ is tros­ro­se.

Klim-, rank-, pi­laar­en to­ring­ro­se

Al dié rose kan teen ’n hei­ning, struk­tuur, boog of pi­laar op­ge­lei word. • K­lim­ro­se het lang tak­ke wat aan ’n struk­tuur of raam­werk vas­ge­maak kan word. Bind die tak­ke ho­ri­son­taal vas eer­der as om dit reg­op te laat groei. So groei die hei­ning dig­ter toe én blom dit meer. Op ho­ri­son­ta­le tak­ke vorm blom­me by elk van die o­gies, pleks van net op die punt van die steel wan­neer dit reg­op groei. Goeie k­lim­ro­se is ‘Ca­si­no’, ‘Blos­som Ma­gic’ en ‘Cré­puscu­le’. • Ran­k­ro­se kan teen ’n hei­ning op­ge­bind word of ge­los word om grond­langs te groei en so­doen­de ’n kaal stuk grond toe te maak. Die op­ge­bin­de tak­ke het ’n gra­si­eu­se voor­koms met pun­te wat na on­der hang. Ran­k­ro­se is meest­al vin­ni­ge groei­ers wat groot op­per­vlak­ke toe­groei. Dit kan tot 3 m hoog en tot 5 m wyd groei en bied goeie se­ku­ri­teit wan­neer dit teen ’n hei­ning ge­plant word. Voor­beel­de hier­van is Ro­sa

bank­si­ae ‘Lu­tea’ (ook be­kend as ‘La­dy Banks’) en ‘Mer­maid’. • Pi­laar­ro­se doen pre­sies wat hul naam sê: dit is ’n hoë struik­roos wat per­fek is om teen ’n pi­laar of hoë paal op te bind. ‘Clair Ma­tin’, ‘Bal­le­ri­na’ en ‘Cock­tail’ kan as pi­laar­ro­se in­ge­span word. • To­ring­ro­se groei re­de­lik reg­op en word so­wat 2 tot 3 m hoog. Plant dit on­ge­veer 1,5 m uit­me­kaar as jy ’n hei­ning wil maak. Die blom­me het die ti­pie­se voor­koms van ’n hi­bried-tee­roos en is ’n goeie pluk­blom. ‘Red S­pi­re’, ‘C­rimson S­pi­re’ en ‘Hot Point S­pi­re’ is al­mal to­ring­ro­se.

Ou­tyd­se tuin­ro­se of er­fe­nis­ro­se

Dit is rose van toen­ter­tyd, meest­al met geu­ri­ge blom­me en ’n ou­wê­reld­se sjar­me. Van die ou­tyd­se rose blom net in die len­te, maar dan blom dit oor­vloe­dig. ‘Mme I­saac Pe­rei­re’, ‘Fa­tin La­tour’ en ‘Paul Tran­son’ is prag­ti­ge ou­tyd­se tuin­ro­se. Van­dag word rose ge­kweek om soos die ou­tyd­se rose te lyk.

Nos­tal­gie­ro­se

Rose soos ‘Ad­do He­ri­ta­ge’ en die ‘Ma­ga­lies­burg Rose’ het ’n ou­tyd­se blom­vorm en is meest­al geu­rig, maar dis ’n mo­der­ne roos met ’n groei­wy­se soort­ge­lyk aan hi­bried-teero­se en struik­ro­se.

Da­vid Aus­tin-rose

Dié En­gel­se roos­ver­sa­me­ling het ook die voor­koms van ou­tyd­se rose, maar met mo­der­ne ei­en­skap­pe. Die mees­te hier­van is geu­rig en blom vir lang tye aan­een. ‘Mar­ga­ret Ro­berts’, ‘Win­ches­ter Cat­he­dral’ en ‘Gra­ham T­ho­mas’ is Da­vid Aus­tin-rose.

Mi­ni­a­tuur­ro­se

Dié klein rose groei so­wat 20–80 cm hoog en word aan hul klein blom­me en bla­re uit­ge­ken. Plant ’n groe­pie daar­van by­me­kaar of plant dit in ’n pot. ‘Ted­dy Be­ar’, ‘A­mo­ret­te’ en ‘G­reen Ice’ is voor­beel­de van mi­ni­a­tuur­ro­se.

Hoog­stam­ro­se

Dié is ge­woon­lik hi­bried-teero­se, flo­ri­bun­das of mi­ni­a­tuur­ro­se wat op ’n hoë stam of on­der­stok van ’n wil­de loot af­koms­tig van die oor­spronk­li­ke spe­sie-roos, ge­ënt is. Hul­le groei 60 cm–1 m hoog en het ’n kaal stam met al die bla­re en blom­me aan die bo­punt. ‘I­ce­berg’-rose is ge­wil­de hoog­stam­ro­se.

Land­ska­p­ro­se

Hier­die rose het baie min on­der­houd no­dig en blom aan­hou­dend. Die voor­koms van die blom­me in hier­die ka­te­go­rie kan baie ver­skil en jy kry van dub­bel- tot en­kel­blom­me. Dit is ge­wild vir kleur in ’n land­skap­pro­jek. ‘My Gran­ny’ en ‘De­loit­te & Tou­che’ is goeie voor­beel­de hier­van.

[ STRUIK­RO­SE]

Baie van die rose in die ka­te­go­rieë hier­bo kan as struik­ro­se be­skou word. Die naam ver­wys een­vou­dig na ’n ge­har­de groep rose van ver­skil­len­de groot­tes. Die plan­te verg ge­woon­lik min on­der­houd en het die groei­wy­se van strui­ke. ‘Mu­ta­bi­lis’, met sy vlin­der­ag­ti­ge blom­me, is een (blaai om en sien “Plant van die maand”).

[ VER­MEER­DER]

Maak har­de­houtsteg­gies van ‘Mu­ta­bi­lis’ in die win­ter. Sny ’n tak­kie van pin­kie­dik­te en so­wat 10–15 cm lank af en druk ’n der­de tot die helf­te in pot­plant­grond in ’n pot. Hou klam tot dit goed ge­ves­tig is. Plant die nu­we roos uit in die tuin wan­neer dit so­wat 15 cm hoog is en ge­noeg sy­tak­kies ont­wik­kel het. Dit groei ook goed in ’n pot op ’n son­ni­ge stoep.

Die oor­sprong van die roos is on­be­kend, maar dit is ver­moe­de­lik ’n ou C­hi­ne­se hi­bried­roos en da­teer te­rug van on­ge­veer 1894.

Bron­ne Rose – die SuidA­fri­kaan­se groei­gids vir al vier sei­soe­ne deur Nan S­teyn; Rose deur Lud­wig Tas­ch­ner; Lud­wig’s Ro­ses-ka­ta­lo­gus; Ro­ses at the Ca­pe of Good Ho­pe deur G­wen Fa­gan; Gro­wing Old-Fashi­o­ned Ro­ses deur Bar­ba­ra Lea Tay­lor; fi­ne­gar­de­ning.com; rhs.org.uk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.