Plant van die maand ‘Mu­ta­bi­lis’-roos

Tuis - - CONTENTS -

As jy ’n roos wil hê wat feit­lik heel­jaar blom, plant ’n ‘Mu­ta­bi­lis’. Hier­die ou­wê­reld­se struik­roos is ver­al in die len­te oor­trek met ’n oor­vloed blom­me so­dat dit kom­pleet soos ’n bos vol skoen­lap­pers lyk – van­daar die En­gel­se noem­naam “but­terf­ly bush”.

Dié en­kel­blom­me, elk met vyf blom­bla­re, is ’n lig­te heu­ning­kleur wan­neer dit oop­maak; dit ver­an­der dan na pienk en na­ma­te dit ou­er word, ver­diep die kleur tot kar­mo­syn­rooi. Die struik is nooit net een­kleu­rig nie; dit het al­tyd blom­me in al d­rie die kleu­re, wat dit ’n aan­wins in die tuin maak. Ná blom­tyd vorm mooi o­ran­je­rooi roos­bot­tels.

‘Mu­ta­bi­lis’ is im­mer­groen in ge­ma­tig­de kli­ma­te en sal selfs in die win­ter nog blom. Dit is ge­hard, met min do­rings, kry min siek­tes en groei vin­nig. Plant dit in ’n son­ni­ge bed­ding met ge­noeg plek en dit word gou ’n groot struik. Dit sal ook in half­ska­du­wee goed aard.

Hier­die roos kan boon­op soos ’n ran­ker groei: Lei dit met draad of ’n raam­werk teen ’n muur op. Dit is ’n goeie hei­ning­plant en lyk met sy iet­wat wil­de voor­koms mooi in ’n in­for­me­le bed­ding of tuin.

Plant dit saam met gro­ter strui­ke soos die ge­wo­ne sneeu­bal en blin­ka­be­lia, of plant een- en meer­ja­ri­ges soos vin­ger­hoed­jies, sa­lies, In­ka­le­lies en baar­di­ris­se tus­sen die roos­bo­me.

Dié roos moet in die win­ter met so­wat die helf­te te­rug­ge­sny word. Sny dooie hout uit en snoei dit so­dat net ’n raam­werk van ’n paar hoof­tak­ke oor­bly. Die mees­te van die fyn tak­kies moet weg­ge­sny word, so ook tak­ke wat oor­vleu­el, om te ver­se­ker dat die struik o­ral­oor ge­noeg son­lig kry.

As die roos nog klein is, hoef die hoof­tak­ke bo nie kor­ter ge­sny te word nie. S­noei­tyd is Ju­lie, of vroeg Au­gus­tus in baie koue de­le wan­neer die ryp­ge­vaar ver­by is. Sny ook ge­reeld dooie blom­me af om die struik aan te moe­dig om nog meer te blom.

‘Mu­ta­bi­lis’ hou van kom­pos­ry­ke grond wat goed drei­neer. Gooi ’n dek­laag van kom­pos rond­om die plant in die win­ter so­wel as in die warm so­mer­maan­de. Gee dit ’n hand vol been­meel en ’n hand vol ep­som­sout in Ju­lie, en ge­skik­te roos­voe­ding soos Lud­wig’s Vi­goro­sa el­ke ses tot agt we­ke in die groei­sei­soen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.