S­jo­ko­la­de-o­lie­bol­le, stap vir stap

Dié deeg kry bak­poei­er pleks van gis, wat be­te­ken g’n ge­wag dat dit rys voor jy kan diep­braai nie.

Tuis - - CONTENTS - Deur Jo­hané Neil­son Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Maak min­stens 12 o­lie­bol­le Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te

• 4 x 250ml (560g) meel • 60ml (25g) ka­kao • 15ml bak­poei­er • ’n knip­pie sout • 80ml kar­ring­melk • 125ml bot­ter, ge­smelt • 4 ei­ers • 180ml (150g) sui­ker • groen­te­o­lie vir diep­braai • ver­sier­sel van jou keu­se

3 Ver­wy­der die plas­tiek en rol die deeg so­wat 1,5 cm dik uit op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak. Druk sir­kels uit met ’n 5 cm- ron­de koe­kie­druk­ker en sny dan ’n gaat­jie in elk­een met ’n 2 cm- ron­de koe­kie­druk­ker. Rol die klein bol­le­tjies mooi rond en braai hul­le ook, of maak saam met die oor­skiet­deeg plat om nog o­lie­bol­le uit te sny.

1 Sif die meel, ka­kao, bak­poei­er en sout saam in ’n meng­bak. Meng die kar­ring­melk en bot­ter in ’n twee­de bak­kie en hou ge­reed. Klits die ei­ers en sui­ker saam tot lig en don­sig. Klits nou eers die kar­ring­melk­meng­sel by die ei­er­meng­sel, en meng dan die meel by om ’n glad­de deeg te vorm.

2 Vorm die deeg in ’n plat skyf en be­dek met kleef­plas­tiek. Ver­koel in die ys­kas vir 30 mi­nu­te. Dié stap is op­si­o­neel, hoe­wel ver­koe­ling die deeg fer­mer en mak­li­ker maak om mee te werk, ter­wyl die plat vorm be­te­ken die deeg is som­mer ge­reed vir rol wan­neer dit uit die ys­kas kom.

4 Ver­hit die o­lie in ’n diep ka­strol. Ge­bruik ’n stuk­kie oor­skiet­deeg om die tem­pe­ra­tuur te toets – so­dra dit be­gin dryf en bor­rels maak, is die o­lie reg. Braai t­wee of d­rie bol­le op ’n slag tot al­kant gaar en uit­ge­rys. Re­gu­leer die tem­pe­ra­tuur en draai die hit­te af as dit lyk of die o­lie­bol­le te vin­nig braai. Dit moet deur­gaar bak in die o­lie. Drei­neer op kom­buis­pa­pier en her­haal tot al die deeg­rin­ge en -bol­le­tjies ge­braai is.

5 Ver­sier! Doop jou o­lie­bol­le in ge­smel­te s­jo­ko­la­de, glaseersel, ka­ra­mel of ka­neel­sui­ker. Jy kan so ro­jaal of een­vou­dig mooi­maak soos jy wil. Ge­niet die o­lie­bol­le so gou moont­lik na­dat hul­le ge­bak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.