Dit maak sin dat Jon­ty R­ho­des

Tuis - - LE­SER­HUIS -

en sy vrou, Me­la­nie, ’n huis in St Ja­mes in Kaap­stad se Vals­baai ge­kies het – dis ’n stil kus­buurt be­kend vir sy war­mer wa­ter en ko­lo­ni­a­le ar­gi­tek­tuur, en dis be­skut teen die stad se be­rug­te suid­oos­ter.

Jon­ty en Me­la­nie, wat me­kaar ses jaar ge­le­de tus­sen die bran­ders ontmoet het, is al­bei lief vir die see en deel ’n pas­sie vir lang­plank­ry. ’n Mens sien hul­le ge­reeld op hul guns­te­ling-strand in Mui­zen­berg, net ’n paar mi­nu­te van hul huis af.

Die paar­tjie het die 170 jaar oue er­fe­nis­huis vier jaar ge­le­de aan­lyn ge­koop toe hul­le nog in In­dië ge­woon het, waar Jon­ty des­tyds ’n af­rig­ter in die In­die­se P­re­mier­liga was. Me­la­nie was toe swan­ger met hul dog­ter, In­dia, en hul­le was op soek na per­ma­nen­te bly­plek in Suid-A­fri­ka met ge­noeg plek vir die he­le kroos – Jon­ty se dog­ter Da­niel­la en seun, Ross, en Me­la­nie se twee seuns, Et­han en Ti­mothy, uit vo­ri­ge hu­we­li­ke.

“Ons wou ’n ont­span­ne ge­sins­ruim­te hê waar ons al­mal by­me­kaar kon wees. Om­dat ons reeds in Mui­zen­berg en Kalk­baai hui­se ge­huur het, het ons die om­ge­wing ge­ken en daar­van ge­hou,” ont­hou Me­la­nie. “Al het ons nie dié huis vooraf ge­sien nie, was dit die soort klas­sie­ke ou huis wat my van na­tu­re aan­trek. En toe­val­lig het dit al­les op ons ly­sie ge­had: ’n mo­tor­huis, ’n groot ge­noeg tuin en ’n na­tuur­li­ke fon­tein.” >>

Bank en leer­stoe­le van Wey­landts; hand­ge­weef­de de­ken uit In­dië; hang­lam­pe van Hoi P’loy; hob­bel­perd van Em­po­ri­um; mat van Bangla­desj

Die kleur van die trap is deur die see ge­ïn­spi­reer. Me­la­nie het dit spe­si­aal laat meng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.