Die i­de­a­le kom­buis-uit­leg

Tuis - - RAAD -

San­dra Wes­sels van Mak­han­da skryf Ons be­plan om ’n huis op ons fa­mi­lie­plaas te bou en al gaan dit nie groot wees nie, wil ons steeds se­ker maak die kom­buis is goed be­plan, aan­ge­sien ons baie van ons tyd daar gaan deur­bring. E­ni­ge raad? Bron wyn S­hell, be­mar­king s kon­sul­tant vir The E­clip­se Group, ant­woord Goeie werk­vloei, ruim­te-be­nut­ting en ge­mak­li­ke be­we­ging is die d­rie sleu­tel-e­le­men­te van ’n prak­tie­se kom­buis. As jy al d­rie in ag neem, sal jou kom­buis in al jou be­hoef­tes voor­sien.

1 Werk­vloei Dink in die vroeë be­plan­nings­fa­se aan die ti­pie­se pro­ses­se in die kom­buis. ’n Goed be­plan­de kom­buis kan jou le­we so­veel mak­li­ker maak. As jy be­plan om kos en skoon­maak­mid­dels in ver­skil­len­de so­nes te ak­kom­mo­deer, en de­le wil af­ba­ken vir voor­be­rei­ding, kook en skoon­maak, sal jy jou tyd in die kom­buis meer ge­niet, want dan sal al­les op die reg­te plek wees. ’n Werk­vlak met ’n toe­ge­wy­de be­rei­dings­a­rea moet min­stens 90 cm breed en ver­kies­lik tus­sen die stoof en was­bak wees.

2 Ruim­te Ve­reis­tes vir pak­plek hang af van jou leef­styl, hoe groot jou ge­sin is, hoe­veel jy kook en jou koop­ge­woon­tes. Maak se­ker jy be­plan ge­noeg plek vir al jou kom­buis­wa­re, krui­de­niers­wa­re en toe­stel­le. Met die reg­te bê­re­plek­op­los­sings kan jy heel­wat ruim­te be­nut wat an­der­sins ver­lo­re sou gaan. Laaie pleks van on­der­kas­te met rak­ke skep toe­gank­li­ke pak­plek en jy hoef nie laag af te buk om bin­ne-in te sien of ar­ti­kels daar­uit te haal nie.

3 Be­we­ging Be­soek toon­lo­ka­le – só kry jy ’n goeie i­dee van hoe die kas­te werk. Meu­bels wat mak­lik oop­maak en sag­kens toe­gly, dra al­les by tot ’n prag­ti­ge, prak­tie­se kom­buis. >> KONTAK e­clip­se­group.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.