C­li­vi­as van saad

Tuis - - RAAD -

Da­nie van der Walt van Nort­hcliff, Jo­han­nes­burg, skryf Ek wil graag nu­we plant­jies van C­li­via-saad k­week. Wan­neer is die bes­te tyd om die saad te oes, en kan ek dit bin­nens­huis in ’n vlak hou­er met klam sand of kom­pos plaas? Of is dit be­ter om dit tus­sen klam klad­pa­pier of wat­te te plaas om eers te ont­kiem? En moet ek dit daag­liks met ’n ne­welspuit klam maak?

JJ ant­woord Wag eers tot jou plant in die len­te klaar ge­blom het en oes eers die “bes­sies” wan­neer dit mooi ge­swel het en ook ver­kleur het. Ver­wy­der die vlees en mem­braan om die sa­de en plant dit op ’n warm, be­skut­te plek in klam grond. Jy kan dit klam hou met ’n ne­welspuit, maar pas­op vir te veel wa­ter – C­li­vi­as ver­kies om droog te bly. Ont­hou, C­li­vi­as wat van saad ge­kweek is, moet eers ver­sterk voor dit in die tuin uit­ge­plant word; laat dit dus vir ’n jaar of wat in die hou­er bly. Dié nu­we plan­te sal eers ná ’n paar jaar blom. >>

Luis­ter Sa­ter­dag om 07:30 na JJ se Groen Vin­gers-tuin­ge­sel­sies met Der­rich Gard­ner in sy pro­gram Brêk­fis met Der­rich op RSG.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.