Tuin­wen­ke

Tuis - - LESERTUIN -

Hoe­wel Je­an­dri een maal per week ’n span van vier wer­kers kry om als ’n bie­tjie reg te ruk, doen sy en haar huis­hulp, Di­nah Ja­cobs, die res van die tuin­werk self. “Di­nah is ge­bo­re met groen vin­gers. Die plan­te flo­reer as sy na­by is! My man, Han­ré, sit weer hand by met die be­sproei­ing, wat ge­reeld aan­dag no­dig het. Hoe­wel ons ’n boor­gat het, ge­bruik ek dit baie oor­deel­kun­dig. Met die droog­te was die wa­ter baie min en moes ek daar­mee vir lief neem dat die tuin by tye droog moes bly.”

HAAR TUINRAAD IS:

• As ’n plant nie in jou tuin aard of van jou grond hou nie, haal dit uit en kies ’n al­ter­na­tief. Wat ons baie gou ge­leer het, is dat nie al­les wat in­heems is, van ons grondtipe hou nie. Se­ke­re spe­sies aard goed ter­wyl an­der, soos die le­pel­hou­te en blou­kap­pies, met ver­loop van tyd ge­vrek het. • Die bes­te tyd om pa­pa­wer­saad te saai, is wan­neer dit klaar ge­blom het en saad­kop­pe vorm wat van­self oop­gaan. Ek laat die pa­pa­wers op­kom net waar hul­le wil. • ’n Hoen­der in ’n tuin is ’n groot bron van ver­maak vir kin­ders en die hoen­der­mis is goed vir die kom­pos. As jy bang is dat hul­le jou plan­te uit­skrop, kry vir jou klein veer­poot­hoen­der­tjies. • Moet jou nie te veel steur aan al­ler­han­de in­ge­wik­kel­de ma­nie­re om kom­pos te maak nie. Ek hou by ’n la­gie grond, ’n la­gie groen gras­sny­sels of bla­re en ’n la­gie bruin ma­te­ri­aal soos bruin bla­re of kar­ton. So bou jy die lae met min moei­te en sal jy nooit ’n kom­pos­hoop hê wat sleg ruik nie. • As jy kruip­mol­le op jou gras het, kry ’n kat. Mol­gif is nie ’n per­ma­nen­te op­los­sing nie. Ons kat, Bat­man, dra om­trent el­ke week ’n mol as ge­skenk by die huis in. • Ek weet my plan­te sal be­ter vaar met meer ge­reel­de voe­ding, maar om­dat dit ’n groot tuin is, is dit te duur om be­mes­ting te gee soos wat ek eint­lik be­hoort te doen. Ek sal dus een stuk van die tuin op ’n keer met my eie kom­pos be­derf en as ek ge­luk­kig is, kry ek soms op Moe­ders­dag ’n vrag ge­koop­te kom­pos van my man en kin­ders. Ek het baie lank laas kuns­mis ge­bruik.

Je­an­dri skep graag in­te­res­san­te hoe­kies in haar tuin. “Ek suk­kel om ver­by ou ge­roes­te goed te loop son­der om dit te koop. Ek ge­bruik dit ook as by­kom­stig­he­de wan­neer ek fo­to’s neem.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.