RYSPILAF MET BOTTERGEBR­AAIDE SAMPIOENE EN PARMESAANK­AAS

Tuis - - KOS -

Bot­ter-en-bier­ge­braai­de sampioene gaan selfs vleis­e­ters se har­te steel in dié ve­ge­ta­rie­se tref­fer. Ge­noeg vir 6 ruim por­sies • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te

• 30ml elk o­lyf­o­lie en bot­ter • 1 ui, fyn­ge­kap • 200g dwergs­am­pi­oe­ne, ge­hal­veer • 1 knof­fel­hui­sie, ge­kap • 500ml jas­myn- of lang­kor­rel­rys • 60ml lig­te bier • so­wat 500ml groen­te­af­trek­sel • 60ml plat­blaar­pie­ter­sie­lie, ge­kap • 125ml heel a­man­dels, ge­roos­ter en ge­kap • 1 groot ryp a­vo­ka­do, ge­skil en in blok­kies ge­sny • 15ml vars suur­le­moen­sap • par­me­saan­skaaf­sels vir gar­ne­ring

1 Ver­hit die o­lie en bot­ter saam in ’n dik­boom­ka­strol en roer­braai die uie tot sag en glan­send. Roer die sampioene by en braai tot goud­bruin. Voeg die knof­fel en rys by en roer tot al die kor­rels met o­lie be­dek is. 2 Voeg die bier by en kook drif­tig tot die mees­te van die bier weg­ge­kook het. Voeg nou die af­trek­sel by, ver­laag die hit­te en laat prut die rys vir so­wat 20–25 mi­nu­te. Voeg nog af­trek­sel by in­dien al­les ge­ab­sor­beer en weg­ge­kook is voor die rys gaar is. 3 Ver­wy­der die rys van die hit­te so­dra dit al den­te is en strooi die pie­ter­sie­lie en a­man­dels oor. Proe en geur na smaak met sout en pe­per. Rond af met die a­vo­ka­do, suur­le­moen­sap en par­me­saan en sit warm of teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur voor.

Wenk Die aard­se geu­re is ook lek­ker saam met an­der gra­ne soos gort, bruin­rys of koes­koes in plaas van wit­rys. >>

Boe­tiek­bier moet smaak as­of dit met puik be­stand­de­le ge­brou is deur pas­sie­vol­le men­se. – Karl Tes­sen­dorf en G­reg Gi­lo­wey, Beer Coun­try’s Beer Fi­re Food

BIERBROODJ­IES MET JALAPEÑO EN CHEDDAR Re­sep op bl. 118

VARKWORSIE-EN-APPELSLAAI MET PRETZEL-CROUTONS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.