Soet­suur hoen­der met ka­sjoe­neu­te

Tuis - - SA PORK-PROMOSIE -

On­der R120 • Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 15 mi­nu­te

• 15ml o­lie • 4 hoen­der­bors­fi­let­te, in blok­kies ge­sny • 1 brand­ris­sie, ge­kap • 45ml klaar soet­suur sous (kies jou guns­te­ling-han­dels­merk) • 125ml ka­sjoe­neu­te met spe­se­rye

• 1 bos­sie spriet­uie, ge­kap • ’n hand vol bot­ter­skor­sie­noe­dels • so­wat 100 g peu­ler­tjies, dun­ge­sny • so­wat 100 g ba­ba­mie­lies, dun­ge­sny • ge­stoom­de rys vir voor­sit

1 Ver­hit die o­lie in ’n dik­boom­pan en braai die hoen­der oor hoë hit­te tot o­ral­oor bruin. Roer die brand­ris­sie en soet­suur sous by en roer­braai tot stro­pe­rig en gaar. Strooi die neu­te en spriet­uie oor en geur na smaak met sout en pe­per (ont­hou, die neu­te is reeds sout).

2 Roer­braai nou die groen­te in die­self­de pan tot net gaar. Oor­weeg ’n skeut­jie wa­ter om te help dat dit stoom en nie brand nie. Meng met die hoen­der of sit a­part voor met die ge­stoom­de rys.

Wenk Ver­vang ge­rus dié kom­bi­na­sie groen­te met wat jy in die huis het. Wor­tel­lin­te, broc­co­li en soet­ris­sie­re­pe is net so lek­ker saam met die kle­we­ri­ge hoen­der. Jy kan die groen­te in die mi­kro­golf­oond stoom as jy tyd wil spaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.