Vir dié ge­sin be­te­ken die fees­tyd ou tra­di­sies en nu­we her­in­ne­rin­ge

Vir dié ge­sin gaan die fees­tyd oor ou tra­di­sies, nu­we her­in­ne­rin­ge en lief­li­ke de­kor!

Tuis - - CONTENTS - Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster • Pro­duk­sie Ma­ri­an van Wyk

Won­der­li­ke her­in­ne­rin­ge aan fa­mi­lie­vie­rin­ge ty­dens die fees­tyd in­spi­reer Lyn­da Bur­gess van­dag nog.

“Kers­fees was vir my al­tyd so won­der­lik met al die lief­de, op­win­ding en af­wag­ting,” ver­tel sy. “Ek is in my hart nog ’n kind en dit het my nog al­tyd by­ge­bly. Dis so lek­ker om Kers­fees deur ’n kind se oë te sien en ek maak nog el­ke Ou­kers­aand ’n wens wan­neer ek die eer­ste ster sien.”

Die Kers­boom word ge­woon­lik vroeg in De­sem­ber staan­ge­maak en mooi­ge­maak met ver­sie­rings wat deur die ja­re ver­sa­mel is.

“Ek ge­bruik graag room en goud saam met ‘sneeu­vlok­kies’ en tit­sels rooi hier en daar. Die ba­sis van my Kers-de­kor is baie groe­nig­heid saam met wit ver­sier­sels. Daar­by is tak­bok­ke en kou­se wat van die kag­gel se man­tel af hang, ook ’n moet,” sê Lyn­da. Sy loer graag by a­ma­zon.com vir win­te­ri­ge Kers-de­kor, by San­ta’s Wa­re­hou­se vir in­te­res­san­te ko­pies en by Pa­ra­diso vir blom­me en groe­nig­heid.

Son­dag­kos

Op Kers­dag staan Lyn­da, Nic en die kin­ders vroeg op om ge­sken­ke oop te maak. Daar­na be­weeg al­mal kom­buis toe en be­gin met die kos­voor­be­rei­ding – op Kers­dag eet die ge­sin Son­dag­kos, maar met baie meer trim­mings!

“Daar is al­tyd ’n ge­woel-en-wer­skaf in die kom­buis, met lig­te pa­niek af en toe voor mid­dag­e­te ge­reed is,” sê Lyn­da. “My ma en sus­ter kom eet ge­woon­lik by ons en ver­le­de jaar het my dog­ter, My­cai­la, haar man en hul ba­ba­dog­ter van S­kot­land ge­kom om Kers­fees saam met ons te wees.

Die huis was om­trént be­dry­wig!

“Ek hou van die ma­nier waar­op Kers­fees ge­sin­ne en vrien­de by­me­kaar­bring. Ek wil ook sul­ke spe­si­a­le tye en tra­di­sies in ons huis skep, en Kers­fees-de­kor vorm die per­fek­te ag­ter­grond!”

’n Brood­no­di­ge reg­ruk

Die ge­sin het in Au­gus­tus 2018 by hul huis in­ge­trek en da­de­lik op­knap­plan­ne be­gin maak. Hul­le het ge­hou van die huis se groot­te en die spits dak met ont­blo­te bal­ke op die twee­de ver­die­ping. Die struk­tuur het ’n plat­te­land­se ge­voel, maar hul­le wou die ou­tyd­se Kaaps-Hol­land­se styl ver­an­der ter wil­le van be­ter vloei vir lek­ker kui­ers.

“Die sit­ka­mer in ons vo­ri­ge huis was by­voor­beeld te klein vir groot fa­mi­lie­kui­ers, en die styl het ook nie vir ons ge­werk nie. Dié huis het ’n goeie raam­werk en ons kon die po­ten­si­aal sien, al het dit op­knap­werk en ’n vars aan­slag ge­verg.” >>

Neu­tra­le ag­ter­grond

Lyn­da was nog al­tyd pas­sie­vol oor de­kor. “As kind het ek ge­reeld my slaap­ka­mer oor­ge­doen,” sê sy. Haar styl het oor die ja­re ver­an­der en dié huis is die eer­ste een waar sy ’n neu­tra­le te­ma ge­kies het. “In ons vo­ri­ge huis was daar baie blou en groen met net ’n paar neu­tra­le ska­ke­rings. Hier wou ons ’n kalm en ontspanne mo­der­ne plaas­huis skep waar kleur nie té op­val­lend is nie.”

Om ’n knus en ge­sel­li­ge ruim­te te skep het Lyn­da haar nuut op­ge­knap­te huis in­ge­rig met ge­mak­li­ke meu­bels, hand­ge­maak­te hout­kas­te en bon­ki­ge hout­ta­fels.

“Ek ver­nu­we graag meu­bels met verf en daar is ’n he­le paar stuk­ke in ons huis wat ek self ge­maak of op­ge­knap het,” sê sy.

“Sag­te lap en teks­tu­re wat lek­ker is om aan te vat, val be­slis in my smaak. Ek bly so­ver moont­lik weg van stow­we van dier­li­ke oor­sprong en ek hou ook nie van kuns­pels nie. Ek het ’n sag­te plek­kie vir bo­heem­se pa­tro­ne met ver­he­we mo­tie­we, as­ook ma­cramé. Dit, saam met die groe­nig­heid in die huis, skep die rus­ti­ge ge­voel wat ons van die be­gin af be­plan het.”

Ek wou ’n bad­ka­mer in die tro­pie­se styl hê wat dit laat voel of jy met vakansie is. – Lyn­da

’n Pas­ge­maak­te hoek­bank by die voor­deur maak ’n aan­lok­li­ke hoe­kie, af­ge­rond deur hout­pa­ne­le met ha­ke. Ban­kie ge­maak deur French S­ty­le Fur­ni­tu­re

’n Kag­gel­rak van hand­ge­kerf­de don­ker hout, wat die paar­tjie op gum­tree.co.za ge­vind het, het ’n an­tie­ke voor­koms ge­kry met kryt­verf en was. Lyn­da het hout­sky­we teen ’n plank ge­plak om die “vuur­herd” af te rond. Kuns­ma­ti­ge loof en ’n tak­bok-lig rond die prent­jie af. Tak­bok-lig van Star­ke Ay­res Gar­den Cen­t­re; kou­se van a­ma­zon.com; Sixth Floor-mat­te van su­per­ba­list.com

Neu­tra­le kleu­re en sag­te stow­we is saam ge­bruik vir die “mo­der­ne A­me­ri­kaan­se plaas­huis”-voor­koms wat Lyn­da vir die sit­ka­mer wou hê. “Dis ’n stil plek waar jy kan ont­span of lees, en ons kui­er graag hier met gas­te oor ’n kop­pie kof­fie,” sê Lyn­da. Die ge­mak­li­ke rus­ban­ke het los ka­toen-oor­trek­sels van Sure­fit, in­ge­voer uit die VSA. Lyn­da het die gor­dy­ne van dik ka­toen­voe­ring ge­maak. “Dit het ’n ruk ge­neem om lap te kry wat goed sou werk. Die gor­dy­ne is bo oor­ge­vou en hang aan me­taal­knip­pe. Dit was lek­ker om al die ma­te­ri­aal om te stik; my ma en sus­ter het kom help en ons het ’n dag daar­van ge­maak,” sê sy. Rus­ban­ke van Co­ri­craft Lyn­da het die groot hor­lo­sie langs die dub­bel­deur by die kom­buis ge­maak van ’n hout­bord waar­op sy ’n wy­ser­plaat ge­sten­sil het; dit is met was af­ge­rond vir ’n ver­ou­der­de voor­koms. Bo-oor het sy kuns-win­gerd­bla­re ge­dra­peer.

Die TV-ka­mer ska­kel in ’n oop plan met die kom­buis en eet­a­rea. Hier ge­bruik Lyn­da die kag­gel­rak as uit­stal­plek. “Ek bring graag groe­nig­heid, hout-teks­tu­re en ker­se in bon­ki­ge bla­kers in. Ek kon­tras­teer ook ho­ër e­le­men­te met klei­ner de­kor­stuk­ke,” sê sy. Mat van su­per­ba­list.com; groot strooi­kus­sing van Vol­pes; groen tak­bok van Su­per Flo­ral

Spie­ël van MRP Ho­me; hort­jies van gum­tree.co.za

Nic, Lyn­da en S­ha­e­lyn kui­er om die kom­buis-ei­land. Ei­land ge­bou deur Jo­han Joos­te; swart­hout-blad ge­maak deur French S­ty­le Fur­ni­tu­re; hanglig­te van Glo Lig­hting

Die ge­sin ge­niet lang Ker­se­tes langs dié ta­fel wat op die swem­bad uit­kyk. Kan­de­la­ber van Glo Lig­hting

Nic het ’n ont­blo­te bak­steen­muur na­ge­boots deur bak­steen-te­ëls met groot voeë tus­sen­in teen die muur vas te sit; daar­na het hy wit voeg­bry oor die te­ëls ge­smeer en weer rof­weg af­ge­vee vir ’n af­ge­wit­te voor­koms. Die ef­fek is die­self­de as wat ’n mens dik­wels in eeue oue kot­hui­se en kas­te­le in Noord-Duits­land sien.

In dié gas­te­ka­mer wou Lyn­da ’n meng­sel van plaas- en strand­huis-e­le­men­te hê. >> Be­draam van Cie­lo (Lyn­da het dit swart ge­spuit­verf); kan­de­la­ber van Buil­ders; Sixth Floor-mat van su­per­ba­list.com

VER­SKAF­FERS Ai­r­loom 021 932 6318, ai­r­loom.co.za Bas­ket­ly 087 012 5009, bas­ket­ly.co.za Buil­ders 0860 284 533, buil­ders.co.za Cie­lo 0861 999 193, cie­lo.co.za Co­ri­craft 021 508 5200, co­ri­craft.co.za C­re­teA­ge 021 200 1743, @C­re­teA­ge op Fa­ce­book Eig­ht De­grees South 076 766 9842, eig­ht­de­grees­south.com French S­ty­le Fur­ni­tu­re 078 586 2970 Glo Lig­hting 011 440 1781, glo­lig­hting.co.za Jo­han Joos­te 083 658 4215 Le­roy Mer­lin 010 493 8000, le­roy­mer­lin.co.za MRP Ho­me 0800 212 535, mrp­ho­me.com Pa­ra­diso 021 852 9882, pa­ra­diso.co.za San­ta’s Wa­re­hou­se 086 999 0440, san­tas­wa­re­hou­se.co.za Star­ke Ay­res Gar­den Cen­t­re 021 685 4120, star­ke­ay­resgc.co.za Su­per Flo­ral 021 510 7759, su­per­flo­ral.co.za Sure­fit sure­fit.com The Lig­hting Wa­re­hou­se 011 201 2600, lig­hting­wa­re­hou­se.co.za T­j­ho­ko Paint 073 206 3104, tj­ho­ko­paint.co.za Vol­pes 041 402 6834, vol­pes.co.za French S­ty­le Fur­ni­tu­re het dié was­bak­kas pas­ge­maak vir die hoof­slaap­ka­mer se en sui­te. Lyn­da het dit ge­verf met Rust-O­le­um Ul­ti­ma­te Wood S­tain in die kleur Sun­ble­a­ched. Spie­ëls van su­per­ba­list.com; mat van Le­roy Mer­lin; hand­doe­ke en was­goed­mand­jie van MRP Ho­me Lyn­da het ’n mo­tief teen die wit muur ge­sten­sil vir teks­tuur. Ons is dol hier­oor!

Kers­hou­ers wat eers teen ’n an­der muur in die bad­ka­mer ge­mon­teer was, is swart ge­spuit­verf en aan weers­kan­te van die poot­jies­bad teen die muur ge­mon­teer. Die pla­fon is be­klee met I­soBo­ard. Hang­lam­pe van Eig­ht De­grees South; mand­jies van Bas­ket­ly; kan­de­la­ber van Buil­ders; sten­sil en Matt Black-kryt­verf van T­j­ho­ko Paint; af­ge­vlak­te vloe­re deur C­re­teA­ge in die kleur C­re­am

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.