Le­ser­huis ’n Kuns­te­naar se huis ver­sier met beeld­hou­werk, skil­de­rye en tref­fen­de kleu­re

’n Kuns­te­naar wys hoe aard­se teks­tu­re en hel­der kleu­re in har­mo­nie saam­leef.

Tuis - - CONTENTS - Deur Be­a­tri­ce Moo­re-N­öthna­gel • Fo­to’s El­za Cooper • S­ti­le­ring

By die Ma­lans se in­gang dra­peer ’n vy­e­boom sy grys tak­ke

oor die rooi bak­steen­muur, sy bla­re­dak prop­vol klein groen­pers vy­tjies. Stap jy deur die sier­li­ke roes­bruin tuin­hek wag ’n fees op die oog: ’n groot koi-dam met reu­se-in­wo­ners, net­jies ge­ma­ni­kuur­de buks­boom-hei­nin­kies en se­ment­paad­jies, ’n kruip­vy wat teen die hoë mu­re op­klou­ter, ’n im­po­san­te beeld teen die oor­kant­se muur ...

El­za­be Ma­lan ver­wel­kom jou by die voor­deur. Sy is gas­vry en hart­lik – en ti­pies kuns­te­naar. El­ke hoe­kie in haar tuin en huis skep ’n prent­jie­mooi beeld.

Sy en haar man, Piet, het twee jaar lank aan dié huis in die Sout­hdo­wns-land­goed in Cen­tu­ri­on be­plan voor hul­le in 2007 in­ge­trek het. Met die kin­ders reeds uit die huis – daar’s se­we kin­ders en 16 klein­kin­ders tus­sen die twee van hul­le – was ’n ruim oop­plan-leef­a­rea op die on­der­ste vloer nood­saak­lik so­dat daar ge­noeg kui­er­plek vir al­mal sou wees. El­ke ver­trek maak op die tuin oop en skep on­on­der­bro­ke vloei tus­sen bin­ne en bui­te. Dis in­der­daad ’n fa­mi­lie­fees wan­neer al­mal hier saam­kom.

Ar­gi­tek­tuur en vloei

Die ont­wik­ke­ling staan ook be­kend as Farm Vil­la­ge om­dat dit so ’n plaas­ge­voel het. Dis nie vreemd om ’n trop­pie bees­te in die stra­te te sien dren­tel nie! Saam met die ar­gi­tek De­vil­liers du Toit het die Ma­lans sen­si­tief met die voor­ge­stel­de bou­styl, die so­ge­naam­de “ou Trans­vaal­se plaas­styl”, om­ge­gaan.

Bui­te is ’n kom­bi­na­sie van af­wer­kings in­ge­span – van pleis­ter en rooi bak­ste­ne tot ’n rooi sink­dak en rooi I­re­ne-klip. “Ons het pro­beer kre­a­tief dink en van die bak­ste­ne met wit se­ment af­ge­wit vir in­te­res­san­te af­wis­se­ling,” ver­tel El­za­be. “Bin­ne het ons die groot ven­sters so be­plan dat gor­dy­ne on­no­dig sou wees; van­daar ook die hek by die vy­e­boom wat dien as ‘bui­te­voor­deur’ – dit gee ons die no­di­ge pri­vaat­heid.”

Die twee slaap­ka­mers het hort­jies aan die bui­te­kant vir pri­vaat­heid en vei­lig­heid – rooi ge­verf om by die dak aan te sluit. Hout­la­teie ver­sier par­ty van die deur­gang-o­pe­nin­ge in die huis, ter­wyl hoë pla­fon­ne die ruim­te be­klem­toon.

“Die ar­gi­tek­tuur skep ’n in­for­me­le en rus­ti­ge ge­voel, maar vir ons is die vloei van die huis eer­ste prys,” ver­tel El­za­be. “Daar is geen gan­ge of ver­mors­te spa­sies op die on­der­ste vlak nie. Die een ruim­te loop in die vol­gen­de in, ook van bin­ne na bui­te. Ons wou graag ’n huis hê waar ons el­ke dag in el­ke ver­trek kom.” >>

Kuns en de­kor

El­za­be se lief­de vir kuns kom reeds van haar skool­dae af. Sy is mal oor hel­der kleu­re. Sy skil­der self en werk al 15 jaar saam met die be­ken­de kuns­te­naar An­dré Nau­dé. “Ge­luk­kig is Piet ook ’n kuns­lief­heb­ber en ons het oor die ja­re ver­skeie stuk­ke by­me­kaar­ge­maak. Piet is ve­ral lief vir beeld­hou­werk,” ver­tel El­za­be.

Die huis se neu­tra­le ba­sis is die per­fek­te ag­ter­grond vir dié kleur­ry­ke skep­pings. Tog sê El­za­be sy be­skou glad nie haar huis as ’n kuns­ga­le­ry nie – in­teen­deel! “Ek was nog al­tyd net so bly dat ek om­ring kan wees deur voor­wer­pe wat vir my mooi is. Be­soe­kers was nog al­tyd po­si­tief oor die ge­voel van die huis, al is dit nie nood­wen­dig hul smaak nie,” ver­tel sy.

Fer­di Louw van Pul­se het des­tyds met die keu­se van kleu­re en af­wer­kings ge­help en El­za­be het on­langs weer sy hulp in­ge­roep om die voor­koms te ver­nu­we. Be­staan­de meu­bels is her­stof­feer of ge­verf en rond­ge­skuif vir ’n vars ef­fek.

“Dit was vir my ’n kop­skuif om met so­veel kleur te werk, maar dit was pu­re ge­not!” ver­tel Fer­di vro­lik. “El­za­be en Piet is al­bei jong gees­te en hou van nu­we er­va­rings. Ek kan ver­staan ’n huis moe­nie stag­neer nie en be­hoort saam met jou in­ner­li­ke groei en smaak te ver­an­der. El­za­be is im­mers ’n kuns­te­naar en hou van veranderin­g en ver­nu­wing.” Fer­di se raad aan an­der is om al­tyd jou­self in jou eie spa­sie te wees, maar tog ook te waag en nu­we din­ge op die proef te stel. “En be­soek ge­rus ga­le­rye en koop oor­spronk­li­ke kuns­wer­ke!” >>

Ek hou van kleur en op ’n ma­nier haak dit die meu­bels, de­kor en kuns­wer­ke aan­me­kaar so­dat al­les pas. – El­za­be

Kre­a­tie­we tuin

Die tuin is Piet en El­za­be se eie skep­ping, maar met in­set­te van vrien­de en fa­mi­lie wat al­mal y­we­ri­ge tui­niers is. Daar­by kom Frans Mail­la ook el­ke weeks­dag in die tuin help.

“Ek hou van ’n in­for­me­le, deur­me­kaar tuin wat tog ’n sin vir or­de en rit­me ver­klap,” ver­tel El­za­be. Sy het dit be­werk­stel­lig met her­ha­ling van kleur en en­ke­le for­meel ge­snoei­de plan­te en bo­me. Die ap­plou­strek­kers in die tuin is na­tuur­lik die groot beel­de wat oral te sien is.

“Die kuns­wer­ke help om fo­kus­pun­te in die tuin te skep,” ver­dui­de­lik El­za­be, wat na el­ke hoe­kie kyk as­of dit ’n skil­de­ry is wat sy wil verf. Dis dui­de­lik dat kuns­be­gin­sels soos kom­po­si­sie, kleur, vorm en lyn hier toe­ge­pas is. “Ek be­skou ook al ons tuin­beel­de as men­se, selfs die bob­be­ja­ne. En dit gee ’n per­soon­li­ke ge­voel – hul­le ge­sels saam!” sê sy en lag.

Die vrou­e­tor­so met ’n rok en ’n vo­ël­tjie op haar skou­er is die beeld­hou­er Lou­is O­li­vier se skep­ping. Aan die bu­re se kant links word ko­ni­fe­re soos ’n hei­ning ge­snoei om pri­vaat­heid te skep. A­man­da van Wyn­gaardt

WAAR GROOT­TE Een­vou­dig dog tref­fend: ’n beeld deur Ru­han Jan­se van Vuur­en voor ’n groot blou skil­de­ry van wol­ke deur E­si­as Bosch. El­za­be het vir Ru­han kuns op la­er­skool ge­gee en hom ja­re la­ter by een van An­gus Tay­lor se slyp­sko­le raak­ge­loop; sy voel baie sen­ti­men­teel oor dié beeld. Die ke­ra­miek­beeld (inlas) is deur Zi­me­le O­ri­gi­nal Ce­ra­mi­cs.

Los oor­trek­sels van wit lin­ne, ge­verf­de se­ment­vloe­re en neu­tra­le mu­re skep die per­fek­te ag­ter­grond vir die kuns­wer­ke in die leef­ver­trek. Bo die kag­gel pryk ’n beeld van Wil­ma Crui­se. Die knie­len­de vrou­tjie op die kof­fie­ta­fel is ’n voor­beeld van die een­vou­di­ge dog tref­fen­de beel­de deur die he­le huis; die kuns­te­naar is on­be­kend.

Die ge­ë­s­pa­li­eer­de vy­e­boom by die in­gangs­hek – nie-amp­te­lik die huis se voor­deur – is Piet se “eks­pe­ri­ment”. Men­se hou ge­reeld stil om hom daar­na uit te vra.

Twee vrou­e­beel­de van An­gus Tay­lor word deel van die uit­sig op die tuin.

In die voor­por­taal (on­der) is ’n kuns­werk deur Linda Ra­de­man op ge­bruik­te tee­sak­kies.

Die kom­buis­kas­te is mo­dern om by Piet se smaak te pas, ter­wyl die eet­ka­mer­ta­fel en stoe­le ’n meer klas­sie­ke ge­voel gee vir ba­lans in die ruim­te.

Dit was vir Piet en El­za­be belangrik om ’n kom­buis te hê waar al­mal saam kan kui­er: par­ty om die ei­land en an­der langs die braai waar­op dit uit­loop. ’n Groot skil­de­ry van An­dré Nau­dé gee kleur aan die neu­tra­le kom­buis, ter­wyl ’n An­gus Tay­lor-beeld die ei­land ver­sier.

Piet lê en dink graag op dié ys­ter­bed van Gar­den Bleu op die stoep by die hoof­slaap­ka­mer. Die groot ke­ra­miek­bord op die kis in die voor­grond is van Es­ra Bosch.

Die Ma­lans het die bui­ten­ge­woon hoë bed vir die hoof­slaap­ka­mer laat maak by Gar­den Bleu na­dat El­za­be haar hart op ’n soort­ge­ly­ke bed by die Grand A­fri­ca Rooms-ho­tel op P­let­ten­berg­baai ver­loor het. Die skil­de­rye bo die kag­gel is deur Nicolaas Ma­ritz en die klein skil­de­ry bo die kap­stok (oor­kant) is deur Ro­nel Kel­ler­man.

Die skil­de­ry bo die laai­kas is El­za­be se werk.

Die hoof­slaap­ka­mer se en sui­te kyk uit op die klein ag­ter­tuin. Die lae muur met mo­sa­ïek­te­ëls is die per­fek­te uit­stal­plek vir mooi­goed.

Die gas­te­toi­let is vro­lik en in­tiem. Fer­di het die kas­sie met Du­lux Sig­nal Red ge­verf vir ’n vars voor­koms. >> Plak­pa­pier van Ei­jf­fin­ger

VER­SKAF­FERS An­dré Nau­dé art.co.za/an­dre­nau­de An­gus Tay­lor 082 373 4456, an­gus­tay­lor.co.za De­vil­liers Du Toit Ar­chi­tects 083 232 6554, de­vil­liers­du­toit.com Ei­jf­fin­ger dre­am­we­a­ver­stu­di­os.co.za El­za­be Ma­lan 082 466 3643 Es­ra Bosch Ce­ra­mic Stu­dio 082 823 7591, es­ra­bosch.co.za E­si­as Bosch Art 083 400 7062, e­si­as­bosch.co.za Gar­den Bleu 082 416 1451, gar­den­bleu.co.za Linda Ra­de­man 083 308 9219 Lou­is O­li­vier art.co.za/lou­is­o­li­vier Nicolaas Ma­ritz art­net.com/ar­tis­ts/nicolaas-ma­ritz Pul­se 012 991 6162, pul­se.co.za Ro­nel Kel­ler­man 083 285 8509, ro­nel­kel­ler­man.co.za Ru­han Jan­se van Vuur­en art.co.za/ru­han­jan­se­van­vuur­en Wil­ma Crui­se wil­ma­crui­se.com Zi­me­le O­ri­gi­nal Ce­ra­mi­cs 063 274 4598, zi­me­le­ce­ra­mi­cs.co.za El­za­be se a­tel­jee is net langs die leef­a­rea so­dat sy Piet se ge­sel­skap kan ge­niet ter­wyl sy werk. ’n Beeld deur An­gus Tay­lor (regs) skep ’n tref­fen­de fo­kus­punt langs die swem­bad.

Piet was da­de­lik mal oor die drie bob­be­ja­ne deur Wil­ma Crui­se toe hy dit die eer­ste keer ge­sien het. Dis al­tyd ’n ge­sels­punt tus­sen Ou­pa en die klein­kin­ders by die braai­plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.