Ag­ter­blad Ka­rin Bryn­ard ge­sels

Kers­fees kan mak­lik ont­aard in kners­fees, sê Ka­rin Bryn­ard. En dan is daar die red­den­de wys­heid van kinds­heid.

Tuis - - CONTENTS -

Op my ho­ge ou­der­dom be­vind ek my s­kie­lik weer in speel­goed­win­kels met Kers­tyd. Nie vir ’n klein­kind, soos jy sou ver­wag nie, maar vir ’n ou­mens. My moe­der.

Met el­ke jaar dat die tyd haar na­der aan ’n hon­derd tik, ver­dwyn die ska­pies uit haar gry­se ou kop (ou da­mes hou mos nie var­kies aan daar bo nie, by hul­le is dit ska­pies). Stil-stil sluip die ou­tjies weg, en­kel­ge­lid, elk met ’n iet­sie on­der die blad wat hy uit die ar­se­naal van ’n leef­tyd se vlyt en vaar­dig­heid ge­steel het. Kort-kort merk ek dat daar nóg iets kos­baars weg is. Sy’t op­hou ont­hou hoe ’n te­le­foon werk. Of haar dier­ba­re ou han­de het ver­geet van b­rei, selfs van kra­le­tjies ryg.

En nou’s dit K­ris­mis en ek soek ’n toe­pas­li­ke ge­sken­kie vir Ou­moe­der hier in die kleu­ter­af­de­ling van die dorp se speel­goed­win­kel. Die an­der ou­mas in die win­kel kyk na goed soos pienk slim­hor­lo­sies. En slym. Van­dag se dog­ter­tjies hou glo baie van slym. Ai. Ek hou maar ver­by.

Ek dink aan die eer­ste keer toe ek vir ’n ou­er ’n Kers­ge­sken­kie moes koop, en hoe ek haar tóé ver­lo­ën het.

Dit was naam­lik die jaar van die Groot Ont­go­ge­ling, toe een van my ou­er sus­ters met die sto­rie ge­kom het dat Kers­va­der nie be­staan nie. Ek was woes woe­dend vir hier­die ket­te­ry en het ru­moe­rig re­wo­lu­sie ge­stook. In só ’n ma­te dat my jon­ger boe­tie sy on­skuld oor die man met die lang wit baard ook kwyt is. Maar ons mam­ma het wys­lik die si­tu­a­sie ont­lont met ’n geld­jie en die be­lang­ri­ke op­drag dat ons twee­tjies daar­mee ge­sken­kies moes gaan koop.

Op­win­ding.

Waar be­gin jy met so ’n groot op­drag? Er­ger nog, wat koop jy? Boe­ta het da­de­lik ver­klaar dit word ’n goue hor­lo­sie vir Mam­ma en ’n Jeep vir ons pa. In die Al­ge­me­ne Han­dels­huis op die dorp het ’n vol­gen­de ont­nug­te­ring ons eg­ter in­ge­wag. Die tan­nie ag­ter die toon­bank moes uit­lê dat ons R2,50 nie ge­noeg is vir Jeeps of goue hor­lo­sies nie.

B­lik­skot­tel. Ek was maar agt en Boe­ta­kie net vyf. S­kie­lik is die wê­reld van klok­kies en lin­te en ker­se en koek so­veel va­ler en selfs ’n bie­tjie brak, soos die wa­ter van die Groot-Ka­roo waar ons toe ge­woon het. Boe­tie be­gin som­mer huil. En die tan­nie ag­ter die toon­bank voel na­tuur­lik vrees­lik. Sy stel voor dat Boe­tie iets kies vir Pap­pa, want hy’s mos ook ’n man. Ek moet vir Mam­ma kies.

En daar kraai die haan toe vir my, want ek be­sluit ek is die oud­ste en daar­om mag ek die Hoof van die Huis se ge­skenk uit­soek. Boe­tie het pro­beer stry, maar ek het die ge­wigs­voor­deel ge­had.

Be­gees­terd het ek die rak­ke van die groot win­kel af­ge­stap, al­les nou­keu­rig be­kyk. Kort-kort het ek te­rug­ge­hol na die tan­nie ag­ter die toon­bank om pry­se te tjek. Soms het ek vir Boe­ta raak­ge­loop. In die was­poei­er­af­de­ling het ek hom met ’n pak Omo in die hand be­trap en hard be­tig (so ’n Omo-boks is groot en ek is mos bang sy pak­kie lyk gro­ter as my­ne). In die ys­ter­wa­re-af­de­ling het ek hom met ’n ha­mer ge­vang – en streng ge­ka­pit­tel (ek was ja­loers oor ék nie eer­ste aan ’n ha­mer vir Páp­pa ge­dink het nie).

Toe die tan­nie ons ge­sken­ke toe­draai, het sy vir my ’n bie­tjie se­nu­wee­ag­tig ge­lyk. Ek kon sien haar mond­hoe­ke lyk sprin­ge­rig.

Maar Pap­pa was da­we­rend-ge­luk­kig met sy per­sent. Hy’t uit sy maag ge­lag van pu­re ple­sier oor die “rug­bor­sel” wat in sy pak­kie was. Na­tuur­lik het een van my ou­er sus­ters die pret pro­beer be­derf. “Wha-ha-ha, dis ’n toi­let­bor­sel!” het sy ge­kraai. Mam­ma se moor­den­de kyk het haar stil­ge­maak. Maar dit het nét ge­hou tot Boe­tie se pak­kie ’n bui­sie tan­de­pas­ta ont­hul het. Tóé het sy proe­send die ver­trek uit­ge­vlug.

“Kop­kant én stert­kant,” het Mam­ma wys­lik ver­klaar, “is ek en Pap­pa nou die skoon­ste op hier­die dorp.”

Dees­dae is Ou­moe­der se Kers­fees weer klok­kies en lin­te en ker­se en koek. Van my kry sy ’n prin­ses-in­kleur­boek. Sy’s in haar skik, maar die mooi ge­skenk­pa­pier maak haar bly­er. En voor die aand uit is, plun­der sy die K­ris­mis­boom, pluk die en­gel­tjies en bal­le­tjies en klok­kies en s­teek dit in haar loop­raam se mand­jie. Ek los haar. En soen haar. Want sy’t my reg ge­leer, mos. Dis waar­oor Kers­fees gaan: deer­nis en lank­moed en lief­de­vol­le wys­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.