Op­knap vir die siel

Tuis - - ONS LESERS SÊ -

Za­nel­le Wes­sels van P­re­to­ria

skryf Ek deel graag ’n paar voor- en ná-fo­to’s van ons fa­mi­lie-strand­huis na­by Groot-Brak­ri­vier, wat ek on­langs op­ge­knap het. Die pro­jek was vir my nie net ’n siels­reis nie, maar ook on­ge­loof­lik be­vre­di­gend en ’n ma­te van troos. Ek en my sus­ter het die strand­huis in 2014 ge­ërf, maar sy is op Kers­dag 2016 tra­gies oor­le­de. Ek het die pro­jek aan­ge­pak om ’n ek­stra in­kom­ste te ver­dien, as­ook om die huis te on­der­hou. Van­jaar sal dit ons eer­ste De­sem­ber-vakansie in die “nu­we” huis wees, en al weet ek my sus­ter kan dit nie met my deel nie, leef sy voort in die nu­we her­in­ne­rin­ge wat ons daar gaan maak. Hier­mee wil ek som­mer ook dan­kie sê vir die in­spi­ra­sie wat Tuis aan jul le­sers bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.