Stal uit!

Tuis - - KOPIES -

Toe He­len en Fran­clo Hen­ning in 2010 ’n huis in Durbanvill­e bou, het hul­le met ’n u­nie­ke ont­werp vo­ren­dag ge­kom vir die Go­din-smeul­kag­gel – hul­le het die pyp in ’n fo­kus­punt om­skep deur dit te om­raam met ont­blo­te bak­ste­ne. “Ons het so baie van die pyp ge­hou dat ons dit nie wou weg­steek nie,” sê He­len. Nou kry dié slim in­ham al­tyd gas­te aan die ge­sels.

Die uit­stal­ling langs die kag­gel is ’n kom­bi­na­sie van nu­we en sen­ti­men­te­le stuk­ke, on­der meer ’n spie­ël en twee et­se uit U­t­recht in Ne­der­land wat die paar­tjie ty­dens hul rei­se ge­koop het.

Hul­le het die prent­lys teen die muur aan­ge­bring so­dat hul­le nie sou suk­kel met in­ge­wik­kel­de ma­te en ga­te boor vir kuns met on­ge­wo­ne fat­soe­ne nie. “Maar dit was steeds nog­al ’n in­ge­wik­kel­de saak om uit te werk hoe om die in­di­vi­du­e­le kuns­wer­ke daar­aan te hang!” sê He­len en lag. “Eers het ek el­ke fo­to in­di­vi­du­eel ge­hang, maar die ko­per­dra­de het on­net ge­lyk; toe ver­een­vou­dig ek die ont­werp en hang meer as een stuk aan ’n draad. Ek dink nie ek gaan dit ooit weer s­kuif nie!” >>

Vier­kan­ti­ge kuns­wer­ke deur Na­di­ne Ma­ro­la van Pu­re C­re­a­ti­on

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.