Jana se sout-aar­tap­pels

Tuis - - KERSMAAL -

Jana stel net so graag soos haar ma nu­we resepte op die proef; dis een van haar guns­te­ling-ge­reg­te om te maak én te eet.

Ge­noeg vir 6 • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 1 uur • Oond­tem­pe­ra­tuur: 200°C

• 24 klein rooi ba­ba-aar­tap­pels • so­wat 80ml o­lyf­o­lie

• so­wat 25ml see­sout­vlok­kies • 30ml ge­room­de pe­per­wor­tel

• 10ml kor­rel­mos­terd • 250ml suur­room

• ’n paar gras­uie, ge­snip­per

1 Skrop die aar­tap­pels goed en maak droog met ’n va­doek; laat dan heel­te­mal droog word.

2 Voor­ver­hit die oond. P­rik elk van die droë aar­tap­pels twee keer met ’n vurk, vryf o­ral­oor met ge­o­lie­de han­de en doop die aar­tap­pels een vir een in die sout so­dat dit ’n lig­te la­gie reg rond­om kry.

3 Rang­skik die sout-aar­tap­pel­tjies knus langs me­kaar in ’n oond­bak en bak vir so­wat 1 uur of tot bros bui­te en smelt­sag bin­ne.

4 Meng die pe­per­wor­tel, mos­terd en suur­room. Sny ’n krui­sie in el­ke gaar aar­tap­pel en druk van on­der dat die sag­te bin­ne­ste op­pof. Rang­skik op ’n mooi bord en skep van die pe­per­wor­tel­sous oor elk­een. Strooi gras­uie bo-oor. Sit die ek­stra sous in ’n bak­kie voor – dit smaak ook heer­lik saam met die fi­let. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.