Yan­ke se wor­tel­koek

Tuis - - KERS­MAAL -

“Die wor­tel­koek is ge­ba­seer op ’n Jen­ny Mor­ris-re­sep wat ons ge­reeld bak met al­ler­han­de va­ri­a­sies,” ver­tel Jo­lan­da. Dié een het se­sam­o­lie en swart se­sam­saad vir ’n spe­si­a­le Kerskin­kel.

Ge­noeg vir ’n 23cm-dub­bel­laag­koek Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te

Bak­tyd: so­wat 1 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C

• 280g (500ml) koek­meel

• ’n knip­pie sout

• 10ml bak­poei­er

• 7ml koek­so­da

• 400g (500ml) sui­ker

• 4 ei­ers, ge­klits

• 250ml o­lie

• 125ml se­sam­o­lie

• 500ml fyn­ge­ras­per­de wor­tel

• 250ml ge­blik­te fyn pyn­ap­pel, ge­drei­neer • 250ml grof­ge­kap­te ge­meng­de neu­te • 250ml klap­per

• 125ml swart se­sam­saad

VERSIERSEL

• 125ml bot­ter by ka­mer­tem­pe­ra­tuur • 230g (1 hou­er­tjie) me­di­um­vet­room­kaas, sag­ge­maak

• 5ml va­niel­je­geur­sel

• so­wat 750ml ver­sier­sui­ker

1 Voor­ver­hit die oond. Meng die meel, sout bak­poei­er en koek­so­da in ’n meng­bak. Voeg die sui­ker, ei­ers en o­lies by en meng goed. Roer nou die res van die be­stand­de­le by en skep in twee ge­smeer­de 23 cm-koek­pan­ne wat met bak­pa­pier uit­ge­voer is. Bak vir so­wat 50 mi­nu­te tot 1 uur tot gaar en uit­ge­rys. Ge­bruik ’n toets­pen om se­ker te maak die koek is gaar. Keer die koe­ke uit op ’n draad­rak­kie en laat heel­te­mal af­koel.

2 Maak die versiersel K­lits die bot­ter met ’n e­lek­trie­se klit­ser tot lig. Voeg die room­kaas, va­niel­je en 500 ml van die sui­ker by en k­lits tot lig en ro­me­rig. Oor­deel self of nog sui­ker no­dig is na aan­lei­ding van die soet­heid en smeer­baar­heid van die versiersel.

3 Sit die eer­ste laag koek op ’n mooi staan­der en smeer ’n dik laag versiersel daar­op. Sit die twee­de koek­laag bo-op en smeer o­ral­oor met die versiersel. Skraap die kan­te so­dat die koek deur die versiersel loer en sprin­kel jou keu­se van ek­stra neu­te en sa­de oor. ’n Tak­kie of twee roos­ma­ryn rond die prent­jie mooi af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.