S­pi­ra­ea ja­po­ni­ca

Tuis - - TUIN -

Plant­gids

Vol­son

Ge­mid­del­de wa­ter­be­hoef­tes Ryp­be­stand Blad­wis­se­lend

Groei 50cm tot 1m hoog en 0,7m wyd

Dié klein struik is die per­fek­te pas­maat in ’n ge­meng­de bed­ding saam met ro­se. Dit word nie so groot dat dit an­der pas­maats in die bed­ding sal oor­heers nie en met sy fyn, lig­groen loof en hel­der­pienk blom­me kom­ple­men­teer dit ro­se van e­ni­ge kleur.

S­pi­ra­ea ja­po­ni­ca blom van die mid­del van die so­mer tot laat in die sei­soen. Die blom­kop­pe is eint­lik net ’n klomp klein blom­me­tjies wat saam een gro­ter blom vorm. In die herfs ver­kleur die strui­kie se bla­re tot ’n diep­rooi wat vir nog kleur in die bed­ding sorg.

Die struik aard goed in kom­pos­ry­ke grond; gee ge­noeg wa­ter tot­dat dit goed ge­ves­tig is. S­pi­ra­ea ja­po­ni­ca het nie baie snoei no­dig nie. Sny net die dooie blom­kop­pe af en sny in die win­ter dooie hout uit. Dié plant aard ve­ral goed in koue kli­ma­te en is ryp­be­stand.

Dis ook ’n goeie pluk­blom en lyk mooi saam met ro­se in ’n blom­pot. Die meer be­ken­de S­pi­ra­ea can­to­niensis, of­te­wel Kaap­se mei, dra ’n mas­sa fyn wit blom­me­tjies in die len­te. As jy ’n Kaap­se mei in ’n ge­meng­de bed­ding wil hê, plant dit na ag­ter in die bed­ding as hei­ning­plant. Dié struik kan tot 2 m hoog en wyd groei en blom net in die len­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.