KLAPPERYS MET SUUR­LE­MOEN, GLANSKERSI­ES EN ROOSSTROOP

Tuis - - KOS -

Om dié blok­kies te ge­niet voel eint­lik stout oor hul­le so soet is – hou die blok­kies maar klein! Ge­noeg vir een 23 x 23cm-pan • Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te

• 1 blik (385g) kon­dens­melk

• 500g (4 x 250ml) ver­sier­sui­ker, ge­sif

• 400g fyn klap­per

• knip­pie sout

• 5ml elk suur­le­moen­sap en

ge­ras­per­de suur­le­moen­skil

• 10 ml pienk roosstroop (of ge­bruik roos­wa­ter en pienk voed­sel­kleur­sel na smaak)

• 100 g rooi glanskersi­es, ge­kap

1 Meng die kon­dens­melk, ver­sier­sui­ker, klap­per en sout in ’n groot meng­bak. Dit gaan voel of daar te veel klap­per en sui­ker is – hou net moed en meng voort.

2 So­dra die meng­sel glad is, ver­deel dit in twee bak­ke. Geur die een helf­te met die si­trus en die an­der helf­te met die roosstroop en ker­sies. Die sap en stroop sal help met die men­ge­ry.

3 Druk die wit si­trus­ge­geur­de laag styf vas in ’n 23 x 23 cm-pan so­dat dit ’n e­we­re­di­ge laag vorm. Skep dan die pienk roos­ge­geur­de sar­sie bo-op, druk e­we­re­dig plat en maak ge­lyk. Sit in die ys­kas tot koud. Sny die klapperys in blok­kies en bê­re in ’n lug­dig­te hou­er in die ys­kas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.