Maal­vleis­muf­fins

Tuis - - KOS -

On­der R105

• Maak 6 reu­se­muf­fins Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C

• 500g maal­vleis

• 1 me­di­um­groot murg­pam­poen­tjie, grof­ge­ras­per

• 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­kap

• 5ml wor­ces­ter­sous

• 5ml Di­jon­mos­terd

• 60ml pan­ko-krum­mels

• vleis­spe­se­rye na smaak

• 200g ri­cot­ta­kaas

• 60ml ge­ras­per­de ched­dar

• 1 ei­er

1 Voor­ver­hit die oond. Spuit die hol­tes van ’n reu­se­muf­fin­pan­ne­tjie. Ge­bruik twee vur­ke en meng die maal­vleis en murg­pam­poen­tjie, knof­fel, wor­ces­ter­sous, mos­terd en krum­mels lig­gies; geur na smaak met die spe­se­rye. Ver­deel die meng­sel tus­sen die hol­tes van die muf­fin­pan­ne­tjie.

2 Meng die ri­cot­ta, ched­dar en ei­er, skep bo-op die vleis en druk ste­wig vas. Bak nou vir so­wat 30 mi­nu­te tot die vleis gaar en die bo­laag goud­bruin is. Laat ef­fens af­koel in die pan­ne­tjie voor jy dit uit­keer. Sit voor met na­cho’s, gua­ca­mo­le en salsa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.