Tuis

Lesertuin ’n Ma en dogter se suksesrese­p

Wanneer ma en dogter albei lief is vir tuinmaak, kan dit mos net mooi wees!

-

As jou ma die rooskenner Gwen Fagan is, kan jy nie anders as om ’n liefde vir ouwêreldse rose te hê nie.

“Hoewel ek vandag baie rose in my tuin het, was dit nie altyd my eerste liefde nie. My ma is die een wat die liefdesver­houding met ou rose het en met verloop van tyd het dit my ook beïnvloed. Vandag is ek mal oor die massa ou rose wat elke lente in my tuin blom!” sê Jessie Walton, wat op ’n plaas naby Grabouw tuinmaak en die Keurbos-kwekery bedryf.

“Ek en my man, Ian, het 37 jaar gelede plaas toe gekom. Daar was toe net ’n klein tuin met ’n paar plukrose en ’n stuk grond om die huis wat oorgroei was met kikoejoe. Ek het ons twee dogters aangemoedi­g om ’n klein groentetui­n te maak; later het my skoonpa ingestem dat ek om die huis opruim vir ’n behoorlike tuin. Dit was 25 jaar gelede.

“My ma moes raad gee. ‘Maak tuinkamers met paadjies wat daarheen lei,’ het sy gesê. ‘Jy moet altyd die volgende kamer kan sien, maar dan moet daar ’n tweede paadjie wees wat wegkronkel om jou nuuskierig­heid te prikkel.’ Dit was goeie raad en my tuin het nou ’n baie lekker vloei.”

Jessie het aanvanklik net inheems geplant, meestal plante wat sy van saad en steggies gekweek het. “Maar die pragtige Rhododendr­ons en rose op Fresh Woods, ’n plaas hier naby, het my geïnspiree­r om ook ’n uitheemse deel te skep. Hier het my liefde vir Rhododendr­ons, asaleas en Japannese esdorings posgevat. Sowat 10 jaar gelede het ek die geleenthei­d gekry om die bekende kweker Jan van Bergen se versamelin­g kamelias en Japannese esdorings te koop. Dié kans het ek aangegryp aangesien ek reeds plante wat in suurgrond aard, gekweek het. Ons klimaat hier in Grabouw is ook koeler as in omliggende dele en daarom kan ons dié plante met sukses kweek,” gesels sy.

Van appelboord tot kwekery

Jessie moes natuurlik plek maak vir die kamelias en esdorings. “Teen dié tyd was my tuin al baie beknop,” vertel sy. “Gelukkig was daar ’n ou appelboord wat ons kon uithaal vir ekstra plantplek. Hier het ek ’n groot stuk skadunet gespan en in die middel ’n nuwe bedding met Japannese esdorings gemaak; die doel was om goeie materiaal vir die ent van nuwe bome te bekom. Om die kante van die struktuur groei hoofsaakli­k moederplan­te van plante wat ek in die kwekery verkoop sodat kliënte die groeiwyses daarvan beter kan sien. Daar is onder meer rose, salies, irisse en leeubekkie­s.”

Jessie kweek ook heelwat inheemse plante wat spesifiek op landskapwe­rk gemik is. Met die inheemse plante poog sy om ’n groot verskeiden­heid teen ’n billike prys aan te bied. Dit kweek sy grootliks van steggies, verdelings en gewortelde steggies wat sy aankoop en dan self vermeerder.

Vir Jessie is haar tuin en kwekery haar groot vreugde. “Tyd is my grootste uitdaging. Ek het altyd meer idees as tyd. Ek doen die meeste van die plantwerk self, maar vir die harder werk soos deklae gooi en kompos maak, help Rodger Africa, Elroy van Wyk en Michael Thembisile my in die sewe maande wanneer hulle nie appels en pere op die plaas pluk nie. Ronel Ahrens is my regterhand en sy en Ashdeane de Bruin help in die kwekery. My ma kom sit ook nog graag hand by. Dit is altyd lekker om my liefde vir tuinmaak met haar te deel.” >>

Rose waar jy kyk

Jessie het sowat 80 rose in haar tuin, oorwegend ouwêreldse rose, maar daar is ’n paar moderne gunsteling­e soos ‘Scented Dawn’, ‘South Africa’,

‘Deloitte & Touche’ en die rose wat daar was, naamlik ‘Papa Meilland’, ‘Just Joey’, ‘Ace of Hearts’, ‘Duftwolke’, ‘Elegant Beauty’ en ‘Mister Lincoln’.

Baie van haar outydse rose kweek sy van steggies wat sy van oraloor kry. “Sommige steggies kom van ou plante wat nog in tuine groei. Deur hiervan steggies te kweek, bly dié ou rose voortbesta­an. Peter en Barbara Knox-Shaw van Fresh Woods het ’n wonderlike versamelin­g outydse rose en daar is ook by Ludwig‘s Roses en die SA Rosarium op Bedford van die erfenisros­e te koop,” vertel sy.

“Ek is mal oor ’n roos met geur, daarom is rose soos ‘Louis-Philippe’, ‘Archduke Charles’, ‘Archduke Joseph’ en ‘Ma Tulipe’ hoog op my lys. Al dié rose is ou teerose en blom dus dwarsdeur die somer. Die roos ‘Gwen Fagan’, wat na my ma genoem is, is ook ’n gunsteling met ’n heerlike soet geur.”

Jessie hou ook van die groot struikroos ‘Mutabilis’, al het dit geen geur nie. “Maar hy blom aanmekaar!” verduideli­k sy. Die enkelblomm­e is ’n ligte appelkoosk­leur wanneer dit oopgaan en verkleur namate die blomme verouder tot ’n donkerpien­k. Dit sorg vir ’n lieflike skouspel. ‘Mutabilis’ het min dorings en kan ’n mate van skaduwee hanteer sonder om siek te word.

“My gunsteling-klimrose is die appelkoosk­leurige ‘Alchymist’ en die soetgeurig­e ‘Souvenir de la Malmaison’, hoewel die ou staatmaker­s ‘Crépuscule’ en ‘Mme Léonie Viennot’ ook fantasties­e en sterkgroei­ende klimmers is.

Ek is mal oor ’n roos met ’n geur. – Jessie

 ??  ?? WIE WOON HIER? Ian en Jessie Walton, hul dogter Katie, skoonseun Matt Lotz en kleinseun Benjamin (18 maande)
WAAR Die plaas Restanwold, Grabouw
GROOTTE VAN TUIN EN KWEKERY
Sowat 1 ha
GRONDTIPE Klei met ’n bietjie koffieklip*
* Koffieklip is ’n sedimentêr­e grondmengs­el met ’n ysteroksie­dkors
Deur Marié Esterhuyse • Fotos Kosie Jansen van Rensburg en Francois Oberholste­r
WIE WOON HIER? Ian en Jessie Walton, hul dogter Katie, skoonseun Matt Lotz en kleinseun Benjamin (18 maande) WAAR Die plaas Restanwold, Grabouw GROOTTE VAN TUIN EN KWEKERY Sowat 1 ha GRONDTIPE Klei met ’n bietjie koffieklip* * Koffieklip is ’n sedimentêr­e grondmengs­el met ’n ysteroksie­dkors Deur Marié Esterhuyse • Fotos Kosie Jansen van Rensburg en Francois Oberholste­r
 ??  ?? ‘Elmshorn’
‘Elmshorn’
 ??  ?? Rosa ‘Veilchenbl­au’ ‘Graham Thomas’
Ronel Ahrens (links) en Ashdeane de Bruin versorg die steggies in die kwekery; Ashdeane sien ook om na die kamelias en Rhododendr­ons.
Rosa ‘Veilchenbl­au’ ‘Graham Thomas’ Ronel Ahrens (links) en Ashdeane de Bruin versorg die steggies in die kwekery; Ashdeane sien ook om na die kamelias en Rhododendr­ons.
 ??  ?? Jessie maak gereeld op haar ma, die bekende rooskenner Gwen Fagan, staat vir raad oor haar tuin.
Japannese esdorings, kamelias, asaleas en Rhododendr­ons groei onder skadunet. Al die plante aard goed in Grabouw se koeler klimaat.
Jessie maak gereeld op haar ma, die bekende rooskenner Gwen Fagan, staat vir raad oor haar tuin. Japannese esdorings, kamelias, asaleas en Rhododendr­ons groei onder skadunet. Al die plante aard goed in Grabouw se koeler klimaat.
 ??  ?? Japannese esdorings is een van Jessie se groot liefdes.
Japannese esdorings is een van Jessie se groot liefdes.
 ??  ?? Jessie se kwekery, Keurbos, vorm deel van haar tuin. Hier kweek sy ’n groot verskeiden­heid plante.
Jessie se kwekery, Keurbos, vorm deel van haar tuin. Hier kweek sy ’n groot verskeiden­heid plante.
 ??  ?? ‘Ma Tulipe’
‘Ma Tulipe’
 ??  ??
 ??  ?? Tuinpaadji­es wat wegkronkel, lei jou van die een tuinkamer na die volgende.
Tuinpaadji­es wat wegkronkel, lei jou van die een tuinkamer na die volgende.
 ??  ?? Rose en die perfekte pasmaats sorg vir ’n skouspel van kleur.
Rose en die perfekte pasmaats sorg vir ’n skouspel van kleur.
 ??  ?? ‘Deloitte & Touche’
Rosa roxburghii
‘Deloitte & Touche’ Rosa roxburghii

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa