Tuis

Klipkuns

-

Adèle Botes van Klerksdorp

skryf As iemand wat van die buitengewo­ne hou, geniet ek dit as ek in Tuis dekoridees sien wat my huis heeltemal anders as ander mense s’n sal laat lyk. In Augustus, toe die wind so gewaai het, het ek ’n paar keer gefrustree­rd geraak met deure wat toeklap. Ek het besluit gewone deurstuite­rs sal nie voldoende wees nie en het klippe begin verf om dit vir dié doel in te span. My vriende en familie was so beïndruk daarmee dat hulle bestelling­s begin plaas het. Ek het probeer om elke deurstuite­r só te maak dat dit by die bepaalde persoon pas. Vir my oupa en ouma het ek deurstuite­rs gemaak wat aan hulle herinner, en vir die diereliefh­ebbers is daar deurstuite­rs met skilpaaie en honde. Nou hoef nie een van hulle meer bekommerd te wees oor deure wat toeklap nie, en hul huise het so ’n tikkie buitengewo­ne dekor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa