Tuis

OP SKOUDAG

-

Wanneer jou huis die dag op skou is, het agente dikwels truuks wat hulle uithaal om ’n aangename huislike omgewing te skep; hier is Stephanie s’n:

• Geure Aangename aromas wek positiewe emosies; daarom is dit belangrik dat jou huis lekker ruik. Spuit gerus lugverfris­ser of kamersproe­i met ’n vars geur soos sitroengra­s.

• Huislikhei­d Bring die natuur binnetoe vir ’n gevoel van geluksalig­heid. Vars blomme en/of groenighei­d uit jou tuin werk goed hiervoor.

• Lig en lugtig Maak die vensters oop om baie natuurlike lig en vars lug in te laat.

• Tuin Hou dit skoon en netjies en maak skoon agter jou troeteldie­re. Min dinge is so erg soos wanneer jy die tuin wil verken en “landmyne” moet systap. Ek beveel ook aan dat mense hul troeteldie­re op skoudag van die perseel verwyder.

• Persoonlik­e besittings Haal al die velrome en tandeborse­ls van die wasbakkas af. Bêre ook persoonlik­e items soos gesinsfoto’s, wat kan keer dat potensiële kopers hulself in die ruimte sien. KONTAKTE FNB 087 575 9404, fnb.co.za

Home Stagers Cape Town 084 843 2426, homestager­straining.co.za Stephanie White 084 758 9476, dunn.harcourts.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa