Tuis

SPESERYKOE­KIES

-

Ek gebruik gemengde speserye in die deeg omdat dit maklik is.

As jy wil, kan jy die deeg na smaak dokter met wat jy ook al verkies: fyn kaneel, gemmer, naeltjies ... Maak sowat 30 koekies • Bereidings­tyd: 20 minute Baktyd: sowat 10 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

• 250g botter, by kamertempe­ratuur

• 250g (300ml) ligbruinsu­iker

• 60ml gouestroop

• 490 g (875 ml) meel

• 30 ml gemengde speserye

• 5 ml koeksoda

1 Voorverhit die oond. Klits die botter, suiker en stroop saam tot lig en romerig. Roer die meel en speserye by. Los die koeksoda op in 30 ml warm water, roer by die deeg en meng tot glad. Knie die deeg tot elasties en glad.

2 Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en sny in vormpies. Sit die koekies op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is en bak vir sowat 10 minute, afhangend van die grootte, tot gaar en uitgerys. Laat afkoel. Die koekies is heerlik net so – of plak twee-twee op mekaar met gesmelte sjokolade vir ’n dekadente bederf, óf versier individuee­l met koninklike versiersel vir ’n speelse teetydsnoe­pie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa