Ag­ter­blad Karin Bryn­ard ge­sels

Waar­heen gaan die mo­der­ne Eu­ro­pe­ër om te aan­bid? Be­slis nie kerk toe nie, het Karin Bryn­ard ty­dens ’n on­lang­se be­soek ont­dek.

Tuis - - CONTENTS -

KKom jy as toe­ris in ’n Eu­ro­pe­se stad aan, is dit nie lank nie, of jy sit in die kerk. Jy gaan im­mers Eu­ro­pa toe vir die ge­skie­de­nis en die kul­tuur. Dus: In Ro­me moet jy di­rek na die Va­ti­kaan, dié al­ler­hei­li­ge sen­trum van die Chris­ten­dom en ba­ker­mat van die Eu­ro­pe­se ge­skie­de­nis, met sy meer as 70 000 kuns­wer­ke. In Pa­rys skiet jy na­tuur­lik reg­streeks na die Not­re Da­me – af­ge­brand of te not. In Bar­ce­lo­na is dit die Sa­gra­da Fa­mi­lia en in K­ö­ln, Duits­land, is dit die Dom­kerk. En so hop jy van kerk tot kerk dwars­deur Eu­ro­pa.

Jy en mil­joe­ne an­der. Tie­ne van mil­joe­ne (vyf mil­joen per jaar in die Si­styn­se ka­pel al­leen). Tog staan die ker­ke leeg. Nou ja, so te sê leeg. Op Son­dae sit daar hier en daar ’n krom ou vrou­tjie in die voor­ste ry en die pries­ter­li­ke stem galm god­ver­la­te deur die hol­le ruim­tes des heer­lik­heids.

Waar is al­mal heen, won­der ek dan op my een­tjie. Want die mens is mos maar im­mer al­taar­soe­kend. Ons is nou een­maal so be­snaard – al­tyd iewers knie­lend.

Toe ek on­langs by die kin­ders in Bel­gië kui­er, be­land ek op ’n Son­dag in IKEA, die mas­sie­we S­weed­se win­kel­groep vir “re­a­dy­to-as­sem­ble”-meu­bels en -huis­raad. En net daar gaan die lig toe vir my op.

Pleks van die vroe­ë­mô­re-mis, sit ons aan vir die ge­wil­de IKEA-ont­byt. Die prys vir “lid­ma­te” is ge­lyk aan ’n stui­wer in die kol­lek­te­bord: €1,20 (net dus­kant R20). Daar­voor kry jy ’n warm, bros crois­sant, ’n kraak­vars brood­rol­le­tjie, bot­ter, t­wee plak­ke kaas of hoen­der en bo­dem­lo­se be­kers tee, kof­fie of sjo­ko­la­de­melk.

Orals om jou hang “spys­kaar­te” van die he­le win­kel, op­ge­deel in af­de­lings – van voor­ka­mer tot was­ka­mer – plus gra­tis pot­lood­jies en maat­ban­de. Jy kan so­lank rus­tig jou wen­se en ver­lan­gens in­vul, jou ma­te neer­skryf vir e­ni­ge hol­te of hoe­kie tuis waar jy ’n rak of ’n kas­sie wil hê.

En dan be­gin al­les. Jy loop stroom­langs saam met ’n le­ër­ska­re. Die gang­paaie is breed ge­noeg vir ge­mak­li­ke elm­boog­ruim­te, vir he­le ge­sin­ne wat saam-saam die uit­stap doen, soos by die kar­na­val – ba­bas in stoot­wa­en­tjies, ou­pa of ou­ma in ’n rol­stoel of loop­raam, die gans­ke rit­se­ri­ge kroos, ’n win­kel­trol­lie of t­wee, noem maar op. En as die klein­tjies las­tig raak, gaan laai jy hul­le af op die on­der­ste ver­die­ping in ’n reu­se-speelplek met op­ge­lei­de kin­der­op­pas­sers en jaart­se ver­maak.

Jy loop in groot sir­kels soos die bid­den­de pel­grims van Mek­ka. Ver­by vol­le­dig in­ge­rig­te ver­trek­ke – van ba­ba­ka­mers tot bad­ka­mers. El­ke ver­trek is aan­trek­lik in­ge­klee, tyd­skrif­mooi ge­sti­leer en at­mos­feer­ryk be­lig in el­ke kleur­ska­ke­ring en styl denk­baar: mo­dern of klas­siek, e­klek­ties, mi­ni­ma­lis­ties, ro­man­ties, speels of wat ook al. Vir groot huis­ruim­tes of be­knop­te woon­stel­le­tjies. Sit­ka­mers met ban­ke, stoe­le, by­pas­sen­de strooi­kus­sings, gor­dy­ne, vloer­mat­te, la­mi­naat­vloe­re, te­ëls, plak­pa­pier, kof­fie­ta­fels, kant­ta­fels, ta­fel­or­na­men­te, klank­stel­sels, TV’s, TV-rak­ke, boek­rak­ke, staan­lam­pe, hang­lam­pe, ske­mer­lam­pe, ta­fel­lam­pe, muur­de­kor, de lot. Vol­le­di­ge bad­ka­mers en kom­bui­se met el­ke denk­ba­re toe­stel of ma­sjien. Plus muur­prop­pe, lig­ska­ke­laars, gloei­lam­pe van e­ni­ge soort. Jy kan in­stap en ’n he­le huis se in­houd koop, huid­jie en muid­jie in plat bok­se daar uit­dra en tuis gaan op­slaan. Meer nog: Dees­dae kan jy die he­le huis koop – dak, deu­re, ven­sters, vier mu­re en als! En as jy bin­ne die ko­men­de 12 maan­de van ge­dag­te ver­an­der, kan jy die he­le boel te­rug­gee en jou geld te­rug­kry. T­waalf maan­de!

Om en om met die op­waart­se sir­kels be­weeg jy, he­mel­waarts. Iewers in my ag­ter­kop roer daar beel­de van Dan­te se In­fer­no en die ne­ge sir­kels na die ver­doe­me­nis. Tog voel dit nie so nie. Hoe die­per jy die ha­we van huis­li­ke heer­lik­heid in­ge­swaai word, hoe ster­ker die mag­neet van die goeie le­we. Dít, lie­we men­se, wil

IKEA vir ons sê, is waar­toe die mens­dom se­dert By­bel­se tye al streef: aan­ge­na­me, vei­li­ge, toe­gank­li­ke, e­le­gan­te, e­ga­li­tê­re self­doen-ge­mak.

Nou weet jy waar al die kerk­gan­gers dees­dae heen is. Hul­le het ge­bid en hul ge­be­de het IKEA ge­baar. Meer as 957 mil­joen per jaar buig nou hier die knie. Die IKEA-ka­ta­lo­gus skop stof in die oë van By­bel­ver­sprei­ding. Jaar­liks word meer as R800 mil­jard se goe­de­re in hier­die win­kels ver­han­del – el­ke win­kel ge­mid­deld so groot soos vyf rug­by­vel­de. So is dit.

Uit­ein­de­lik weer bui­te, sê my foon se t­re­ë­tel­ler ek het

4 436 af­ge­lê op hier­die pel­grims­tog van die ka­pi­ta­lis­me. Al­te­saam 3,1 ki­lo­me­ter. Mea cul­pa, fluis­ter ek skul­dig. Ave Ma­ria, ora pro no­bis pec­ca­to­ri­bus ... bid vir ons son­daars. A­men.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.